Kaptein (later admiraal) Arthur Phillip (11 Oktober 1738 – 31 Augustus 1814) was die eerste goewerneur van Nieu-Suid-Wallis en stigter van die nedersetting wat tans Sydney heet.

duimnael|links|Camp Cove, 3 km oos van Port Jackson, waar Phillip geland het toe hy na 'n nedersettingsgebied gesoek het. Na sy wedervaringe ter see, insluitende die bevel oor 'n skip wat deur gevangenes in 'n storm gered is, word Phillip as die goewerneur van die voorgestelde Britse strafkolonie van Nieu-Suid-Wallis aangewys. Hy vertrek met die Eerste Vloot van Engeland na Australië en kies in Februarie 1788 Port Jackson (tans Sydney-hawe) as sy basis.

Hy het besef dat Nieu-Suid-Wallis vinnig 'n siviele administrasie en 'n stelsel vir die bevryding van gevangenes sou benodig. Ongeag, is sy voorstel om vakmanne saam te neem afgekeur. Hy het enorme probleme met arbeid, dissipline en voorraad in die gesig gestaar. Sy vriendelike houding teenoor die inboorlinge is ook deeglik beproef nadat hulle sy jagter vermoor het.

Die koms van die Tweede en Derde Vloot het hernuwe druk op skaars plaaslike hulpbronne geplaas. Teen Desember 1792, toe hy huiswaarts keer, was die kolonie reeds op dreef met amptelike land-toekennings, sistematiese boerdery en water-toevoer.

Phillip het in 1805 afgetree, maar het voortgegaan om met sy vriende in Nieu-Suid-Wallis te korrespondeer en die kolonie se belange te bevorder.

Verwysings

Kategorie:Britse goewerneurs Kategorie:Britse militariste Kategorie:Admiraals Kategorie:Geboortes in 1738 Kategorie:Sterftes in 1814