Die Volvo V40 is 'n klein gesinsmotor, beskikbaar in vyfdeur-luikrugvorm, wat by die 2012 Geneefse Motorskou onthul is. Dit is sedert Mei 2012 in Europa te koop en sedert Augustus 2012 in die Verenigde Koninkryk. Die V40 is ontwerp deur die Amerikaner Chris Benjamin en is die laaste Volvo wat onder Britse ontwerper Peter Horbury ontwerp is, voordat hy verplaas is na Volvo se eienaars, Geely.
Dit word gebou op die gemodifiseerde Ford C1 platform wat ook gebruik word deur die Volvo C30, S40, V50, en C70-modelle met veranderinge aan die elektriese kragstuur en hersiene vering- en skokbrekerstellings. Die enjinreeks word van huidige Volvo-modelle verkry, met twee petrolenjins: 'n 1.6 liter EcoBoost I4 wat 150 óf 180 pk lewer, afhangend van die spesifikasie, en 'n 2.5 liter Volvo B525 I5 wat 254 pk produseer; en twee dieselenjins: 'n 1.6 liter PSA Peugeot Citroën/Ford Duratorq enjin wat 115 pk ontwikkel, terwyl dit net 94 g/km CO2 vrystel, en 'n 2.0 liter I5 Volvo dieselenjin beskikbaar in twee weergawes, 'n 150 pk en 177 pk. In sommige lande gebruik die V40 T5 'n 2,0 liter I5 (B5204T9) wat 213 pk teen 6 000 rpm en 300 Nm teen 2 700-5 000 rpm produseer.
Verwysings
Kategorie:Motorvoertuie