Die Suzuki Grand Vitara is 'n kompakte SNV wat sedert 1999 deur die Japannese motorvervaardiger Suzuki vervaardig word.
Eerste geslag
Die eerste-geslag Grand Vitara was 'n effens groter, duurder en kragtiger weergawe van die Suzuki Vitara 4-deur. Dit is opgekikker in 2002 en weer in 2004. 'n Hernoemde weergawe is deur General Motors in Noord-Amerika verkoop as die Chevrolet Tracker.. Die Tracker is verkoop in Latyns-Amerika, maar in Meksiko as die Chevrolet Grand Vitara. In Meksiko is die Grand Vitara en Tracker verskillende voertuie, verkoop deur Suzuki en Chevrolet onderskeidelik. In Chili, is die 5-deur Grand Vitara bekend as Grand Nomade.
200px|duimnael|links|2002-2003 Suzuki Grand Vitara Sedert 2003 is die kleiner Suzuki Vitara onttrek uit die Noord-Amerikaanse mark. Verkope was maar swak, met net 4860 in die VSA verkoop in 2004, maar beter in Kanada. Alle Noord-Amerikaanse Vitaras word by CAMI Automotive in Ingersoll, Ontario gebou, terwyl die Noord-Amerikaanse Grand Vitaras in Japan gebou word as die Suzuki Escudo.
Die 2006-model het 'n strukturele herontwerp ondergaan met 'n nuwe leerraamonderstel, geïntegreer in 'n eenheidsbakkonstruksie. In Indië word die Grand Vitara verkoop deur Suzuki se Indiese filiaal, Maruti Suzuki. Die 2001-model Suzuki Grand Vitara kom standaard as 'n 2.0 liter 4WD voertuig in Nieu-Seeland. Die 2005 en later se Grand Vitara word in Ecuador verkoop deur Chevrolet, maar dit dra nog steeds sy Suzuki-kentekens.
Die voertuig word ook massageproduseer in Iran deur Iran Khodro Manufacturing Co.
Tweede geslag
Die eerste Grand Vitara is in September 2005 vervang deur 'n nuwe voertuig met 'n paar komponente van die GM Theta-platform, en is in Japan gebou. Die 2006 Grand Vitara is onafhanklik ontwikkel deur dieselfde Suzuki-ingenieurs wat die Theta ontwikkel het. Dit gebruik egter 'n inlyn-enjin met agterwielaandrywing op 'n 2639 mm wielbasis, terwyl alle ander Thetavoertuie 'n dwarsenjin met voorwielaandrywing as standaard het. Die huidige geslag Suzuki XL7 is 'n ware Theta voertuig, en word langs die Chevrolet Equinox en Pontiac Torrent deur "CAMI Automotive" gebou in Ingersoll, Ontario, Kanada.
Die standaardonderstel is 'n 5-deurweergawe, maar in baie lande is dit ook beskikbaar in 'n 3-deurweergawe, genaamd "Vitara" of "Escudo".
Die standaardpetrolenjin vir die 5-deurweergawe is 'n opgedateerde J20A (4-silinder 2.0 L van 140 pk); en 'n meer kragtige opsie is die Suzuki H27A (V6 2.7 L 181 pk). Voor 2001 was turbodieselmodelle toegerus met Mazda se tipe RF-enjin, maar latere modelle is toegerus met 'n turbodieselenjin (4-silinder 1.9 L 129 pk) deur Renault vervaardig. Die enigste enjin vir die 3-deurweergawe is 'n M16A 4-silinder 1.6 L van 105 pk.
2008 duimnael|links|2009 Suzuki Grand Vitara Premium In die tweede helfte van 2008 het die Suzuki Grand Vitara 'n opkikkering asook twee nuwe enjins ontvang. 'n Nuwe 2.4 L inlynviersilinder lewer 122 kW krag en 225 Nm se wringkrag. Brandstofverbruik is ook verbeter met die toevoeging van VVT op beide kante, en die 1.9 L turbodiesel toon ook 'n verbetering in ekonomie. Veiligheid is verbeter met meer lugsakke en vastrapbeheer as standaard op alle modelle. Die viermodus-vierwielaandrywingstelsel is ook tans beskikbaar op alle modelle.
Verwysings
Grand Vitara