'n Metafoor (meervoud: metafore) is 'n soort beeldspraak wat gebruik word om iets te noem deur as iets anders daarna te verwys asof dit soortgelyke eienskappe het. Dit word dus gebruik om 'n beeld in die plek van die eintlike voorstelling te plaas om die ooreenkoms tussen twee voorwerpe te suggereer.HAT (Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal), Tweede uitgawe, Tweede druk, 1981

Voorbeelde: "Hart van klip." "Die oseaan van die lewe." "'n wil van staal." "Die skip van die woestyn (Kameel)." "Vlagskip" – grootste, beste, duurste of vinnigste produk in 'n reeks verbruikersgoed.

Verwysings

Kategorie:Stylfigure