Die Nissan Xterra is 'n SNV wat deur Nissan Motors gebou word op die Nissan F-Alfa platform. Dit is gebaseer op die Nissan Frontier bakkie en is vernoem na die Xterra velddriekampreeks wat deur Nissan geborg is vanaf 1998 tot 2006.
Die Xterra is in die 2000-modeljaar in Noord-Amerika bekendgestel, en bemark met die frase: "Alles wat jy benodig, niks wat jy nie benodig nie".
Die Xterra was nie Nissan se eerste kompakte SNV nie: Nissan Japan het die Nissan Mistral en die Nissan Rosheen bemark, terwyl Nissan Europa die Terrano, 'n 2-deur SNV vervaardig en verkoop het van 1993-2006.
'n Kenmerkende hoër agterste daklyn, 'n gebulte agterdeur en unieke agterste deurhandvatsels: Drie onderskeidende ontwerpleidrade is by elke weergawe van die Xterra behou. Die verhoogde dak maak voorsiening vir stadionsitplekke en die gebulte agterdeur bied ruimte vir 'n noodhulpkissie. Die agterste deurhandvatsels is op die "C" pilaar geïnstalleer as 'n Nissan ontwerpstradisie wat begin het by die 1990-Nissan Pathfinder. Toe die vierdeur Pathfinder in 1989 ingestel is, het Nissan verkies om die deurhandvatsels weg te steek as 'n deel van die "C" pilaarafwerking, om die voertuig te laat lyk soos 'n tweedeurbakkie met 'n kampeerdop, met konvensionele voordeurhandvatsels.
In die Verenigde State is die Xterra Nissan se intreevlak-SNV, geprys tussen twee oorkruisers: die goedkoper Rogue en die duurder Murano.
Verwysings
Xterra