Hierdie artikel handel oor die akademikus. Vir die akteur, sien Guy Standing (akteur).
Guy Standing (gebore 9 Februarie 1948) is 'n Britse professor van ontwikkelingstudies by die Skool van Oosterse an Afrikaniese Studies by die Universiteit van Londen en medestiger van die Basic Income Earth Network (BIEN).http://www.basicincome.org/bien/aboutbien.html .
Standing is bekend vir sy skrywes in arbeidsekonomie, arbeidsmarkbeleid, werkloosheid, arbeidsmarkbuigsaamheid, strukturele aanpassingsbeleide, en sosiale beskerming. Sy meer onlangse werk fokus op die ontluikende prekariaatklas en die nood aan 'n onvoorwaardelike basisinkomste en deliberatiewe demokrasie.
Benewens Standing se beroep en sy geskiedenis met die Basic Income Earth Network, was sy Wikipedia-bladsy – veral beelde van hom op die bladsy en die onderskrifte daaronder – die onderwerp van baie kontroversie op die webwerf. Die kontroversie omring Standing se volle naam (Guy Standing) en die aanvanklike en mees prominente beeld wat gebruik is om hom uit te beeld – wat hierin in hierdie artikel aangebied word; die aard van waarom dit kontroversieel geword het, is te wyte aan die verandering van die bogenoemde onderskrif om na hom te verwys wat in die beeld sit as gevolg van die humoristiese aard van 'n man met die naam 'Guy Standing' wat in Engels sit. In Engels sou die volledige verwysingsfrase "Guy Standing sitting" wees; die aard van waarom dit humoristies sou wees, is te wyte aan die feit dat beide die woorde 'guy' en 'standing' – wanneer dit nie eiename is nie – gebruik word om te verwys na 'n man wat staan met 'guy' (/gaɪ/) wat man beteken en 'standing' (/'stændɪŋ/) wat staan beteken. Die konflik tussen die redakteurs van die bladsy het daartoe gelei dat die grap verdere vastrapplek gekry het en die uiteindelike verbod op lede van die publiek om die Engelse weergawe van die bladsy te verander.
Sien ook
Basisinkomste
Verwysings
Kategorie:Engelse ekonome Kategorie:Basisinkomste Kategorie:Geboortes in 1948 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Britse ekonome