duimnael|regs|260px|Die huidige Gereformeerde kerk op Burgersdorp is in 1913 ingewy nadat die oue gesloop is.
Die Gereformeerde kerk Burgersdorp is die oudste gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die destydse Kaapprovinsie. Dit is op 21 Januarie 1860 Venter, ds. A.A. 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro. gestig, sowat 11 maande ná die Kerk se stigting op Rustenburg op 11 Februarie 1859.
Burgersdorp was dekades lank die grootste Gereformeerde kerk in die Kaapkolonie en omdat die dorp van 1869 tot einde 1904 die Kerk se Teologiese Skool gehuisves het, ook die belangrikste. In 1872, toe daar nog net 10 gemeentes in die Boererepublieke en sewe in die Kolonie was, het Burgersdorp 'n lidmaattal van 989 gehad, vergeleke met Reddersburg in die Oranje-Vrystaat se 714. Vir daardie jaar het geen Transvaalse kerk statistieke na die Almanak ingestuur nie. Van die nege gemeentes wat wel statistieke verskaf het, was Middelburg, Kaap die derde grootste met 537 lidmate en Colesberg vierde met 225 lidmate. In die loop van 1872 is die ander gemeente in die Kolonie wat bestem was om 'n groot rol te speel danksy sy bemoeienis met die Gereformeerde en Christelik-nasionale onderwys, Steynsburg, van Burgersdorp afgestig.
Twintig jaar later, in die Almanak van 1892, het Burgersdorp 1 769 siele en 777 lidmate gehad (eerste in die Kolonie) en Steynsburg 840 en 417 (derde naas Middelburg). Die grootste Transvaalse kerk in daardie jaar was Rustenburg met 2 245 siele en 988 lidmate en die grootste in die Vrystaat Reddersburg met 1 284 en 575 onderskeidelik. Die verskuiwing van die Teologiese Skool begin 1905 na Potchefstroom het net 'n geringe uitwerking op die Burgersdorpse gemeente gehad, want in die Almanak van 1907 word dié kerk se sieletal nog as 1 221 en sy lidmaattal as 671 aangegee, vergeleke met Potchefstroom se 1 175 en 570 onderskeidelik. In die loop van die 20ste eeu het die verstedeliking van lidmate Burgersdorp se sieletal verminder tot 729 in 1931 en sy lidmaattal tot 460, en in 1960 tot 686 en 481 onderskeidelik. In 1998 was dit 290 en 210 en in 2002 229 en 170. Intussen het uit die Teologiese Skool op Potchefstroom 'n universiteit, die PU vir CHO, ontwikkel en het dié dorp mettertyd een van die grootste Gereformeerde sentrums geword. Die gemeentes op die dorp se sieletal het toegeneem van 1 811 in 1960 tot 3 322 in 1998, afgeneem tot 3 049 in 2002 en verder tot 2 945 in 2015.
Agtergrond duimnael|links|320px|Ou opstal op die plaas Rietpoort van Andries Kruger waar ds. Dirk Postma in 1859 die eerste Gereformeerde kerkdiens in die Kaapkolonie gelei het. Dit spreek amper vanself dat dit wat aan die begin van 1859 in die Zuid-Afrikaansche Republiek gebeur het toe ds. Dirk Postma die eerste Gereformeerde kerk op Rustenburg gestig het, ook weerklank sou vind in ander dele van die land, veral onder die geesverwante van die mense wat daar tot kerkstigting oorgegaan het. So het Stefanus J. Kruger van Rustenburg aan sy familie in die Kaapkolonie geskryf: "Ons het 'n kerk gevind waarin ons die Here kan dien volgens sy Woord. O! hoe heerlik is dit, wat 'n vreugde is dit. Daar het 'n leraar uit Holland gekom. Nou het ons ons wens eenmaal verkry." Hierdie soort berigte is nie net met vreugde in die hart verneem nie, maar hulle het tot aksie aangevuur, want toe ds. Postma in Mei 1859 in die Vrystaat was vir die stigting van 'n gemeente in die buurt van Bloemfontein, is hy uitgenooi deur lidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Burgersdorp om ook daarheen te kom en kerk te hou.
Hierdie uitnodiging het ds. Postma aanvaar en hy is van die Vrystaat af saam na die Kaapkolonie. Aangesien die kerkgebou op Burgersdorp nie vir die geleentheid verkry kon word nie, is diens bestel op die plaas van 'n sekere broeder Andries Kruger op die plaas Rietpoort (tydens die eeufees van Burgersdorp se kerk nog in besit van die Kruger-familie). Hier het baie mense die diens bygewoon en die predikant ontmoet. Daarna het ds. Postma ook kerk gehou by 'n sekere broeder Douw Venter. En nadat hulle hom hoor preek het, was daar vreugde in die hart van baie. Ds. Postma het by hierdie geleentheid gepreek oor Romeine 9:21: "Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?" (Volgens die Statebybel: "Of heeft de pottenbakker geen macht over het leem, om uit denzelfden klomp te maken, het ene vat ter ere, en het andere ter onere?". Statevertaling. URL besoek op 23 Januarie 2015.
Gemeentestigting duimnael|regs|270px|Dié gebou is waarskynlik die opstal op die plaas Roosterhoek waar die Gereformeerde Kerk in die Kaapkolonie op 21 Januarie 1860 gestig is. duimnael|links|200px|Jan Coetzee, eienaar van die plaas Roosterhoek ten tyde van die stigting van die gemeente Burgersdorp. duimnael|regs|270px|Op 24 Februarie 1860 het ds. Postma op Burgersdorp gepreek, maar omdat broer Hendrik Kruger van die plaas Plankfontein geen ander geskikte plek kon kry nie, is die diens gehou in die pakkamer van die winkel van Otto Pieters. Dié foto toon die pakkamer in die agterplaas van die winkel.
Tydens hierdie eerste besoek van ds. Postma aan die Kaapkolonie het hy net kennisgemaak met die mense. Ná sy vertrek na Transvaal het die mense egter onder mekaar die moontlikheid bespreek om hom weer uit te nooi na Burgersdorp. Dit kon eers die volgende jaar gebeur. Van hierdie gebeurtenis is daar 'n relaas opgeneem in die notuleboek van die kerkraad van Burgersdorp: "In die maand Januarie 1860 is die weleerw. herder en leraar D. Postma deur die broeders vanuit die Vrystaat hierheen gebring en 'n talryke kommissie van ouderlinge en diakens van die gemeentes uit die Staat en uit die Suid-Afrikaanse Republiek het sy eerw. vergesel. Die menigte wat belangstellend vir daardie doel uit verskeie distrikte saamgekom het, het vergader op die plaas van die heer H. Coetzee, Roosterhoek, in die distrik Burgersdorp. Nadat een en andermaal met gebede en smekinge vergader is en hulle van weerskante mekaar goed begryp het, is hier 'n Gereformeerde gemeente gestig en naderhand het daar nog meer ander persone aangesluit, sodat die gemeente by die vertrek van ds. Postma, wat ses weke onder hulle verkeer het, meer as 600 lidmate getel het. Ouderlinge en diakens is deur die gemeente verkies en op gereformeerde wyse aangestel."
In die notule van die eerste kerkraadsvergadering is geen motivering van hierdie stap nie, maar voor in die eerste notuleboek van die kerkraad is 'n geskiedkundige oorsig van die worsteling met die Nederduitse Gereformeerde Kerk voor die Gereformeerde kerk op Burgersdorp gestig is. Dit lui onder meer: "Reeds baie jare was talle lidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerk van die Kaapkolonie beswaard oor verskillende sake wat van tyd tot tyd in die kerk ingevoer is en wat afgewyk het van die eenvoudigheid van die Bybelleer en diens waaraan hulle hul bepaald en uitsluitend wou hou. En onder die dinge wat hulle beswaar het, het die invoering van die Evangeliese gesange nie die geringste plek beklee nie. Daarby die heerskappyvoering oor hulle gewete na menslike willekeur van kerklike weë. Lank het die beswaardes uitgesien na 'n gunstige wending en selfs pogings in dié rigting aangewend, maar hulle is daarin nie gehoor nie, veel liewer geminag en verdruk aangesien hulle beskou is as 'n groepie bekrompe misnoegdes. Hulle het wel iets gehoor van die Christelik Afgeskeie Gereformeerde Kerk in Nederland sodat hulle begeerte na die kerk opgewek was, maar as hulle hul leraars, wat ook in Nederland studeer het, daarna gevra het, dan het hulle die waarheid dienaangaande so veel moontlik verberg en wat hulle daarvan gesê het, was deurgaans 'n ongunstige voorstelling van genoemde kerk.
"So het hulle in die donker en twyfelmoedigheid gebly terwyl hulle tog gedors het na beter inligting aangaande die kerk en na uitkoms. Eindelik daag in die jaar 1858 'n enige ligstraal op vanuit Nederland: Uit openbare blaaie is verneem dat die Christelik Afgeskeie Gereformeerde Kerk in Nederland 'n leraar uit sy midde afgevaardig het na die Suid-Afrikaanse Republiek, naamlik ds. D. Postma."
Die eerste voorlopige kerkraadsvergadering is op 21 Januarie 1860 (die stigtingsdatum van Burgersdorp se gemeente, die eerste Gereformeerde kerk in die Kaapkolonie) gehou en op hierdie vergadering was, benewens ds. Postma en die kerkraadslede van Burgersdorp, ook teenwoordig oudl. Ph. Snyman, verteenwoordiger van die ZAR, en die volgende kerkraadslede van die Vrystaat: ouderlinge J.J. Venter en M.A. van der Walt en diakens R. van der Walt en D.J. Coetzee. Die name van die kerkraadslede van die gemeente was: ouderlinge Michiel Andries Pretorius, Jacobus Stephanus Kruger, Hendrik Johannes Jacob Kruger en Nicolaas Kruger; diakens Hendrik Bernardus Kruger, Willem Jacobus van Biljon, Gerrit Hendrik Jacobus Kruger en Philippus Christoffel Snyman.
Op hierdie eerste kerkraadsvergadering is belangrike besluite geneem in verband met die organisasie van die gemeente. 1. Die kerkorde wat gebruik moes word: Die kerkorde wat reeds in die ZAR en in die Oranje-Vrystaat aangeneem is, is op verlange van die kerkraad aan die gemeente van artikel tot artikel voorgelees en oorweeg saam met die formuliere van ondertekening en sonder verandering aangeneem, ook vir die Gereformeerde Kerk in die Kaapkolonie. 2. Diensreëling: In verband met die stigting van die gemeente op die dag van die Here is besluit dat onder teenswoordige omstandighede elke ouderling sy bes sal doen om dit op sy beurt waar te neem. 3. Konsulentskap: Die vergadering het ds. Postma gevra om as konsulent van die gemeente op te tree solank as die gemeente nog nie sy eie leraar het nie. Hy het dit aangeneem met die goedkeuring van die bedieningskommissie. 4. Beroeping van 'n predikant vir Burgersdorp: 'n Beroep is uitgebring op ds. J.W. te Bokkel, predikant van die Christelike Afgeskeie Gereformeerde Kerk te Ommen, en die beroepsbrief is deur die ouderlinge en diakens namens die gemeente onderteken, maar daarin is die traktement vir eers onbepaald gelaat, terwyl die bedrag van £200 gestem is vir die bestryding van die koste in verband met sy oorkoms. Die traktement sou bepaal word in oorleg met die leraar as hy teenwoordig is. 5. Noodsaaklike kennisgewings: Die vergadering het verder besluit om kennis te gee van die stigting van die gemeente sowel aan die goewerneur van die Kaapkolonie as aan die magistraat van die distrik. En van die goewerneur is kort daarna 'n brief van erkenning ontvang. Daar is ook besluit om die Nederduitse Gereformeerde kerk van Burgersdorp van die stigting op die hoogte te bring en terselfdertyd 'n volledige lys van die name van die lidmate wat aangesluit het, by te voeg. 6. Interne reëlings vir die gemeente: 'n Scriba vir die kerkraad asook 'n kassier en 'n boekhouer is aangewys.