duimnael|regs|330px|Ds. Cornelis Muller van die NG gemeente Vandermerwe, Bonnievale, en sy gesin, omstreeks 1930. Elise Muller, die tweede oudste dogter, staan waarskynlik links agter haar ma, Christina (née Du Toit). (Die latere ds.) Gys Muller was die vierde van die ses kinders en dus waarskynlik die seuntjie wat regs van sy pa sit. Die foto is op Bonnievale geneem, moontlik teen die einde van ds. Muller sr. se dienstyd (1930).

Elizabeth (Elise) Muller (1919–1985) was 'n Afrikaanse skrywer. Haar broer was ds. Gys Muller. Haar liefde vir skryf het 'n onverwagse hupstoot gekry toe sy siek geword het tydens haar eerste jaar aan die Universiteit van Stellenbosch. Haar eerste boek was Ek, 'n Samaritaanse vrou in 1941 en daarmee wen sy prysgeld van £100. Sy werk later as deel van die redaksie van NG Kerkuitgewers. Sy sien die werk as 'n roeping van God. Daarna was sy die hoof van redaksie, 'n pos wat sy 22 jaar lank beklee het. Sy wen ook die Hertzogprys vir prosa in 1957 met Die vrou op die skuit.

Lewe en werk Elisabeth Muller is op 11 Maart 1919 op Ceres gebore, waar haar vader van Oktober 1914 tot Oktober 1916 hulppredikant was. Haar ouers was ds. Cornelis Muller (gebore 15 Mei 1884) en Christine Elizabeth Maria (Stinie) du Toit en sy is die oudste van ses kinders. Haar broers is Erik en Gys en haar susters is Helene, Christine en Lydia. In 1923 vertrek die gesin na die nuut gestigte gemeente van Bonnievale in die Suid-Kaap, geleë langs die Breërivier. Die dorpie was destyds ’n waterryke gemeenskap van plase en kleinhoewes. In 1930 verhuis die gesin na die Noordweste en vestig hulle op Nieuwoudtville in die Karoo, waar die stowwerige omgewing en brak water ’n groot verandering was. Twee jaar later vertrek hulle na Calvinia in die Hantam, waar sy in 1936 aan die Hoërskool Calvinia matrikuleer. Haar verdere opleiding ontvang sy vir twee jaar vanaf 1937 aan die Paarl Opleidingskollege, waar sy in 1938 die Primêre Onderwysdiploma verwerf. In 1939 skryf sy in vir ’n B.A.-graad aan die Universiteit van Stellenbosch met gekose hoofvakke Geografie en Geskiedenis, maar as gevolg van ’n ernstige siekte (tuberkulose) moet sy haar studies onderbreek en keer sy terug huis toe.

In 1943 aanvaar sy ’n betrekking in die administrasie van die Christen-Studentevereniging op Stellenbosch, maar moet in 1944 die betrekking neerlê weens swak gesondheid. Sy bly daarna by haar ouerhuis in Calvinia, waar haar ma haar feitlik voltyds moet verpleeg. Terwyl sy siek is, verwyl sy die tyd met skryf en so sien haar eerste kortverhale en romans die lig. Haar siekte lei uiteindelik in 1950 tot die verwydering van haar regterlong, ’n baie riskante operasie vir sy tyd, wat haar lewe red. Omdat sy so verswak was, neem dit haar hierna ses jaar om te herstel, ’n tyd wat sy hoofsaaklik op Worcester deurbring waar haar ouers intussen afgetree het. Na haar herstel is sy vanaf 1956 tot met haar aftrede verbonde aan die NG Kerk Boekhandel in Kaapstad, waar sy later hoofuitgewer is. In 1978 moet sy weens swak gesondheid aftree. Sy dien ook as assessor-lid op die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In 1967 reis sy saam met dr. Hermien Lambrechts oorsee, waar sy onder meer die Yorkshire Moors van die Brontës, wat groot invloed op haar skryfwerk gehad het, selfstandig verken. Na haar aftrede begin sy met navorsing oor die familiegeskiedenis van die Du Toits, haar ma se familie. Die laaste jare van haar lewe bring sy op die Strand deur. Sy is op 5 November 1985 in die Ametis-tehuis in die Strand oorlede, nadat haar gesondheid in die jare voor haar dood sterk agteruit gegaan het.

Skryfwerk

Kortverhale Hoewel veral die romans Die wilde loot, Die derde rit en Van eensame mense besondere letterkundige meriete het, bereik sy haar letterkundige hoogtepunt in haar kortverhale. Haar eerste kortverhaal, Rachel, verskyn in Die Huisgenoot van 4 September 1942 en haar laaste kortverhaal word in 1960 gepubliseer.

Verskeie kortverhale verskyn eers in tydskrifte van daardie tyd, soos Die Huisgenoot, Sarie Marais en Die Huisvrou. Sy is die eerste persoon wat die maandelikse prys vir beste kortverhaal van Die Huisgenoot wen, en wel in Februarie 1947 vir Nag by die drif. In April 1949 wen sy dit weer vir Die onverklaarbare en beide verhale word later opgeneem inAntonissen, Rob. Standpunte. Nuwe reeks 17 en 18, Mei-Desember 1957. Vrou op die skuit. As besonder puntenerige regisseur van eie werk slaag sy daarin om meeste van haar kortverhale te laat voldoen aan die vereistes van ’n professionele storieverteller, waar sensasie onderbeklemtoon word,Antonissen, Rob. Kern en tooi. Nasou Beperk. Eerste uitgawe. Eerste druk. Elsiesrivier, 1963. inligting op presies die regte tydstip openbaar word, dialoog spaarsaam maar met dinamiese gevolge aangewend word en ’n raaisel slegs gedeeltelik opgelos word om die leser tot nadenke te stem. In haar kortverhale kies sy byna sonder uitsondering vroue en kinders as hoofkarakters, wat sy met groot insig en sensitiwiteit teken. Volwasse mans is meestal randfigure en in haar langer prosa, waar hierdie karakters onontbeerlik is, dikwels sonder werklike oortuiging geteken. Talle verhale is inisiasieverhale, waar die karakter se onkunde in kennis oorgaan, sodat die innerlike beligting en die karaktergroei die situasie oorskadu. Kortverhale was in die vyftigerjare nie gewild by uitgewers nie en wanneer Alba Bouwer en Audrey Blignault ’n keuse uit haar tydskrifverhale maak en dit in Die vrou op die skuit saambring, wil nie een van die bekendste uitgewers die bundel uitgee nie. Eindelik aanvaar die klein uitgewer, A.A. Balkema van Kaapstad, die publikasie. Die res is geskiedenis, want Die vrou op die skuit ontvang in 1957 die Hertzogprys (die eerste toekenning van hierdie prys aan kortverhale), word talle kere herdruk en by herhaling voorgeskryf. Dit is veral Blommetjies vir Bella, Die onverklaarbare en Kinders in die skemer wat as hoogtepunte in hierdie bundel gereken kan word, terwyl die beoordelaars vir die Hertzogprys die verhale Nag by die drif, Kinders in die skemer, Twee gesigte, Die dieper dors en Blommetjies vir Bella uitsonder in hulle motivering. Hulle is van mening dat hierdie verhale van diep insig getuig en die leser op subtiele wyse ’n begrip gee van die mees verborge kragte wat in die mens werksaam is. Byna sonder uitsondering behandel die verhale ’n oomblik van dieper insig wat in die karakter(s) ontwaak na aanleiding van somtyds op die oog af doodgewone gebeure. Blommetjies vir Bella het die wedywering tussen tant Wiesie en tant Bella as onderwerp, wat aanvanklik ontstaan omdat nie een van die twee wil agter raak in hulle vriendskapsbewyse aan die ander een nie. Onderliggend aan hierdie wedywering is dan die onvermoë om ’n weldaad te ontvang en aan die ander die vreugde en saligheid om gewer te wees te skenk. Dinge verander wanneer tant Bella sterf en aan haar mededinger £25 nalaat “vir haar dienste” om sodoende finaal die oorhand te kry. Tant Wiesie gee dan egter voor dat hierdie geld nagelaat is om altyd te sorg dat daar blomme op tant Bella se graf is. Haar gereelde plasing van blomme op tant Bella se graf loop dan egter uit op groter menslike diens aan die ander grafte en die insig dat in die dood alle mense vriende is.