Jackie Selebi (7 Maart 1950 – 23 Januarie 2015) was ’n voormalige Nasionale Polisiekommissaris (2000–2009), president van die ANC-jeugliga (1987–1991), asook voormalige president van Interpol.

In Januarie 2008 is Selebi op verpligte verlof geplaas en het hy as die president van Interpol bedank, waarna hy weens korrupsie aangekla is. Hy is in Julie 2009 deur Bheki Cele as polisiekommissaris opgevolg.

Selebi is op 2 Julie 2010 aan korrupsie skuldig bevind. Op 3 Augustus 2010 is hy vyftien jaar gevangenisstraf opgelê. Sy aansoek om appèl is op 2 Desember 2011 afgekeur. Desnieteenstaande is hy in Julie 2012 op mediese parool vrygelaat.

Selebi is op 23 Januarie 2015 ná ‘n lang siekte in die ouderdom van 64 jaar oorlede.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse kriminele Kategorie:Suid-Afrikaanse polisiebeamptes Kategorie:Geboortes in 1950 Kategorie:Sterftes in 2015 Kategorie:Politici van die African National Congress