In die wetenskap is ’n natuurkundige konstante ’n fisiese grootheid waarvan die waarde nooit verander nie, byvoorbeeld ligsnelheid in ’n vakuum. Dit verskil van ander fisiese groothede soos temperatuur, druk en elektriese veldsterkte, wat in tyd en plek kan verskil. Met die hersieining van die SI-stelsel, is vyf van hierdie konstante vasgestel. Vanuit hul waarde is vyf van die maateenhede van SI-stelsel gedefinieëer.

Vaste Konstantes

Gedurende die negentiende en twintigste eeu is verskillende natuurkundige konstante gemeet en gekatalogiseer. Wetenskaplikes wat die golflengte van liggolwe bestudeer het, besef het dat die definisies van die meter vir hul doeleindes onvoldoende was, dus het hulle die ångström-eenheid (wat nominaal 10-10 meter was) bekendgestel het. In 1960 is die meter sodanig deur die Algemene Konferensie vir Mate en Gewigte (GCPM) herdefinieer dat die ångström presies 10-10 meter was en in 1983 het die CGPM die meter weer herdefineer deur die meter te definieer as die afstand waarvoor die snelheid van die lig presies 299 792 458 ms−1 was.

In 2018 besluit die CGPM om die kilogram, ampere, kelvin en die mol op 'n soortgelyke manier te herdefinieer deur die waardes van die konstante van Planck, die Elementêre lading, die konstante van Boltzmann en die Konstante van Avogadro met die CODATA 2018 waardes vas te stel.

Naam van konstanteSimboolWaardeEenheiddefinisieBron (2018CODATA)Ligsnelheid in ’n vakuumc0299 792 458 ms−1meter Apr 2020Konstante van Planck6,626 070 15 × 10−34 J s kilogram Apr 2020Elementêre ladinge1,602 176 634 × 10−19 C ampere Apr 2020Konstante van Boltzmannk1,380 6504 × 10−23 JK−1kelvin Apr 2020Konstante van AvogadroL, NA6,022 140 76 × 1023 mol−1mol Apr 2020

Aangesien dat die verhouding tussen elektronvolts en joules 'n konstant is (1 eV = 1.602 176 634×10-19 J) en ook dat π 'n konstant is, kry die volgende natuurkundige konstante ook vasgestelde waardes:

Naam van konstanteSimboolWaardeBron (2018CODATA)Konstante van Planck4,135 667 33 × 10−15 eV s Apr 2020Konstante van Dirac (of verlaagde konstante van Planck}1,047 576 865... × 10−34 J s Apr 2020Konstante van Boltzmannk8,617 333 262... × 10−5 eV K−1 Apr 2020Konstante van Stefan-Boltzmann5.670 374 419... x 10−8 Js−1m−2K−4 Apr 2020Eerste stralingskonstante3.741 771 852... × 10−16 Wm2 Apr 2020Tweede stralingskonstante1.438 776 877... x 10−2 mK Apr 2020

Konstantes In die onderstaande tabel word die waardes van ander konstantes wat onlangs aanvaar is, gegee. Hierdie waardes is deur verskillende laboratoriums regoor die aarde gerapporteer en is deur CODATA (Komitee vir Data vir Wetenskap en Tegnologie) versamel. Die onsekerheid geassosieer met konstantes van die natuur waarvan die presiese waarde nie bekend is nie is in hakkies gegee. Byvoorbeeld, die waarde " beteken "". Naam van konstanteSimboolWaarde en OnsekerheidBron (2018CODATA)Magnetiese veldkonstanteμ01,256 637 062 12(19) × 10−6 Hm−1Voor 2019 was die waarde van μ0 presies 4π × 10−7 Hm−1 (per definisie van die ampère) Apr 2020Elektrieseveld-konstanteε0 = 1/μ0c028,854 187 8128(13) × 10−12 Fm−1 Apr 2020Rusmassa van die elektronme9,109 383 7015(28) × 10−31 kg Apr 2020Rusmassa van die protonmp1,672 621 923 69(51) × 10−27 kg Apr 2020Rusmassa van die neutronmn1,674 927 498 04(95) x 10−27 kg Apr 2020Atoommassa-eenheidmu = 1 Da1,660 539 066 60(50) x 10−27 kg Apr 2020Konstante van Faraday96 485,332 12... Cmol−1 Apr 2020Gaskonstante8,314 462 618... JK−1mol−1 Apr 2020Absolute nulpunt −273,15 °C = 0 K (per definisie van °C) Apr 2020Fynstruktuurkonstanteα = μ0e2c0/2h7,297 352 5693(11) x 10−3 Apr 2020α−1137,035 999 084(21) Apr 2020Bohrstraala05,291 772 109 03(80) x 10−11 m Apr 2020Hartree-energieEh4,359 744 722 2071(85) x 10−18 J Apr 2020Konstante van RydbergR∞10 973 731,568 160(21) m−1 Apr 2020BohrmagnetonμB9,274 010 0783(28) x 10−24 JT−1 Apr 2020Magnetese moment van die elektronμe -9,284 764 7043(28) x 10−24 JT−1 Apr 2020g-faktor van Landé vir vrye elektronege -2,002 319 304 362 56(35) Apr 2020Nukleêre magnetonμN5,050 783 7461(15) x 10−27 JT−1 Apr 2020Magnetiese moment van die protonμp1,410 606 797 36(60) x 10−26 JT−1 Apr 2020Magnetogiroskopiese verhouding van die protonγp2,675 221 8744(11) x 108 s−1T−1 Apr 2020SwaartekragkonstanteG6,674 30(15) x 10−11 m3kg−1s−2 Apr 2020 Notas

NB: Die datum in die kolom "Bron" verwys na die laaste datum van kontrole.

Eksterne skakels Oorsig, 2005 NIST-konstantes 15px Hierdie artikel is oorsponklik vertaal uit die Nederlandse Wikipedia

Verwysings

Kategorie:Fisika