Die Gereformeerde kerk Venterstad is 'n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op die Oos-Kaapse dorpie Venterstad. Dit het vroeër as Ventersburg bekendgestaan, maar die naam is verander om verwarring met die Vrystaatse Ventersburg te voorkom.
Ontstaan
duimnael|links|220px|Die Gereformeerde kerk op Venterstad. Die gemeente is in 1875 van die Gereformeerde kerk Burgersdorp afgestig. In 1874 het die kerkraad van Burgersdorp 'n versoekskrif van 'n aantal lidmate behandel wat gevra het dat die kerkraad die stigting van 'n nuwe dorp op Karreefontein moes ondersteun. Die kerkraad het blykbaar nie kans gesien om so kort ná Steynsburg alweer 'n groep lidmate te verloor nie en het gevolglik nie dadelik sy medewerking geskenk nie. 'n Paar jaar later is die kerkraad egter in kennis gestel dat 'n nuwe dorp aldaar gestig is en dat 'n aantal erwe al verkoop is en dat die komitee besluit het om sewe erwe te skenk aan die Gereformeerde Kerk vir 'n pastorie en 'n kerkgebou en verder is die hoop uitgespreek dat daar spoedig 'n gemeente gestig sou word.
Toe sake reeds sover gevorder het, kon die kerkraad dit nie meer keer nie en toe die lidmate in daardie buurt ook om afstigting gevra het, het die kerkraad daartoe ingestem, sodat die nuwe gemeente van Venterstad op 16 Junie 1875 gestig is. Ds. Dirk Postma het die kerkgebou wat vandag nog in gebruik is, se hoeksteen op 19 Augustus 1876 gelê. Dié gebou is 'n nasionale gedenkwaardigheid.
Lidmaattal Die dorp se wit bevolking het tussen die sensus van 2001 en dié van 2011 afgeneem van 139 tot 41. Dat die gemeente nie 'n ooreenstemmende daling ervaar het nie, kan waarskynlik daaraan toegeskryf word dat die meeste lidmate op omliggende plase of op die dorpie Oviston woon, waarvan die wit bevolking in dié tyd van 201 tot 250 toegeneem het. Oviston is 14 km van Venterstad af geleë. Nadat die plaaslike NG gemeente se getal belydende lidmate in 2015 tot sowat 50 gedaal het, het Venterstad se Gereformeerde kerk die enigste in die Oos-Kaap geword met meer lidmate as die plaaslike NG gemeente.
Jaartal Dooplidmate Belydende lidmate Totaal 1958 103 190 293 1998 19 79 98 2002 25 66 91 2012 14 52 66 2014 14 64 78 2015 7 57 64 2016 4 60 64 2019 3 67 70 2020 4 75 79
Predikante Willem Jacobus Snyman, 1877 - 1913 Derk Rumpff, 1914 - 1920 Pieter Willem Bingle, 1921 tot 8 Maart 1923 (oorlede in die amp) Jan Hendrik Boneschans, 1923 - 1926 Dr. Willem Jacobus Snyman, 1927 - 1944 (sy oupa was die eerste predikant en sy vader dr. Flippie Snyman van Steynsburg) Ds. Izak David Krüger, 1945 - 1949 Nicolaas Tjaart Snyman, 1949 tot 1 Julie 1951 (oorlede in die amp) Ernst Walter Meyer, 1953 - 1955 Willem Johannes Jacobus du Plessis, 1957 - 1967 Aubrey George de Leeuw, 1962 - 1968 Jan Louis Ras, 1967 - 1971 Jacobus Daniël Venter, 1972 - 1977 Theron Krüger, 1978 - 1982 (in kombinasie met Colesberg) Daniël Jacobus de Kock, 1983 - 1987 Jan Lion Cachet, 1988 - 1996 Coenraad Christoffel Andries Vrey, 1997 - 2000 (in kombinasie met Lyceumville) Jan Hendrik Venter, 2001 – 2017 Myburgh, L.D. (Daniël), 2018 – 2023 Deysel, Frikkie, 24 Februarie 2024 – hede
Galery
Bronne Jooste, prof. dr. J.P. Jooste: "Oorsig van die geskiedenis van die Gereformeerde Kerk Burgersdorp". In: Die Gereformeerde Kerk, Burgersdorp. Gedenkalbum by geleentheid van die Eeufees 22-24 Januarie 1960. Burgersdorp: Kerkraad van die Gereformeerde kerk. Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. Ons Kerk Album. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt.
Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika