Die Renault Clio is 'n superminimotor, wat deur die Franse motorvervaardiger Renault gebou word. Dit is in 1990 bekendgestel, en is reeds in sy vierde geslag sedert 2012. Die Clio het aansienlike kritiek verduur en kommersiële sukses ervaar, om sedert sy bekendstelling, jaar-na-jaar, een van Europa se topverkopermotors te bly. Dit word grootliks gekrediteer vir die herstel van Renault se reputasie en statuur ná 'n moeilike tweede helfte van die 1980's.
Die Clio is een van slegs twee motors, saam met die Volkswagen Golf, wat twee keer as die "Europese Motor van die Jaar" bekroon is, in 1991 en 2006. Die Clio word in Japan verkoop as die Renault Lutecia (ルノー ルーテシア Runo Rūteshia) omdat Honda die regte hou op die naam Clio, met die Honda Clio in 1984.
Voorbeelde van vorige modelle
duimnael|280px|Renault Clio Hybrid
Verwysings
Clio