duimnael|links|Lande en outonome deelgebiede waar Turkiese tale amptelike status geniet of deur die meerderheid gepraat word: Die Turkiese tale is ’n taalfamilie van minstens 35Dybo A.V., "Chronology of Türkic languages and linguistic contacts of early Türks", Moskou, 2007, bl. 766, (In Russies) tale wat deur Turkiese volke van Suidoos-Europa en die Middellandse See-gebied tot Siberië en Wes-China gepraat word, en daar is voorgestel dat dit saam met Mongoolse, Toengoesiese en Japannese tale, Koreaans asook Ainoe deel van die omstrede Altaïese taalfamilie uitmaak. Dié taalfamilie bestaan uit ses groepe, naamlik die Suidwestelike (Ogoesies), Suidoostelike (Karloek/Oeigoer), Khalaj, Noordwestelike (Kiptsjak), Tsjoewasjies (Oghoer) en Noordoostelike (Siberiese Turkiese tale). Soms word die Turkiese tale ook in twee takke verdeel: Bolgar en Algemene Turkiese tale.

Sprekers en eienskappe duimnael|links|Diagram van Turkiese tale volgens moedertaalsprekers Turkiese tale word deur sowat 170 miljoen mense as moedertaal gepraat, en daar is altesaam meer as 200 miljoen sprekers.Brigitte Moser, Michael Wilhelm Weithmann, Landeskunde Türkei: Geschichte, Gesellschaft und Kultur, Buske Publishing, 2008, bl. 173Deutsches Orient-Institut, Orient, Vol. 41, Alfred Röper Publushing, 2000, bl. 611 Die Turkiese taal met die meeste sprekers is Turks, wat hoofsaaklik in Anatolië en die Balkan gepraat word. Die moedertaalsprekers van dié streke maak 40% van alle sprekers van Turkiese tale uit.

Kenmerkende eienskappe van die Turkiese tale soos klinkerharmonie, saamklewing en die gebrek aan taalkundige geslag, word in al die tale aangetref. Sprekers van die verskillende Ogoesiese tale kan mekaar ook redelik goed verstaan; dit sluit in Turks, Azerbeidjans, Turkmeens en Krim-Tataars.

Verwysings

Bronnelys Boeschoten, Hendrik & Lars Johanson. 2006. Turkic languages in contact. Turcologica, Bd. 61. Wiesbaden: Harrassowitz. Johanson, Lars & Éva Agnes Csató (ed.). 1998. The Turkic languages. London: Routledge. .

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Taalfamilies