Braille is ’n skryfstelsel wat deur gesiggestremdes gebruik en tradisioneel met opgehewe letters geskryf word. (Dit word verkieslik nie met ’n hoofletter gespel nie.) Braillegebruikers kan rekenaarskerms en ander elektroniese toerusting lees danksy spesiale tegnologie. Hulle kan ook ’n braille-stilus of gebruik om dit te skryf.

Agtergrond Braille is genoem na die skepper daarvan, die Fransman Louis Braille, wat sy sig verloor het weens ’n ongeluk in sy kinderdae. In 1824, op 15 jaar, het Braille sy kode vir die Franse alfabet ontwikkel. Hy het sy stelsel, wat later ook musieknote bevat het, in 1829 gepubliseer.Louis Braille, 1829, Method of Writing Words, Music, and Plain Songs by Means of Dots, for Use by the Blind and Arranged for Them Die tweede hersiene weergawe, wat in 1837 gepubliseer is, was die eerste digitale (binêre) skryfvorm.

Braille-karakters is klein, vierkantige blokkies wat "selle" genoem word en bevat klein, opgehewe knoppies. Die getal en rangskikking van dié knoppies onderskei een karakter van ’n ander. Omdat die onderskeie braille-alfabette ontstaan het as transkripsiekodes van gedrukte skryfstelsels, verskil die karakters van taal tot taal.

Brailleselle is nie al wat opgehewe gedruk word nie. Daar kan ook opgehewe illustrasies en grafika voorkom waarvan die lyne óf solied is óf uit ’n reeks knoppies en pyltjies bestaan wat groter as die brailleknoppies is.

Vanweë skermleessagteware het die gebruik van braille afgeneem. Braille-opvoeding bly egter belangrik in die onderrrig van gesiggestremde kinders en lei tot ’n beter kans op indiensneming.

Skryf in braille duimnael|180px|links|’n Braille-leesmasjien. Braille kan met die hand geskryf word met behulp van ’n stilus waarmee elke knoppie van agter af op die papier gemaak word, dus in ’n spieëlbeeldvorm, of ’n brailletikmasjien of elektroniese braillemasjien kan gebruik word. Omdat brailleletters nie eintlik uitgevee kan word nie, word ’n fout uitgewis deur al ses knoppies in ’n sel te maak. ’n Blad kan ook op albei kante met braille bedruk word, met duikies in die papier aan die kant waarop die knoppies gelees word. (Sien die foto regs bo in die kassie.)

Deur ’n rekenaar of ander elektroniese toestel te gebruik kan braille geskep word met ’n braille-leesmasjien wat die letters voortdurend kan verander.

Die aanvanklike 6-punt-braillestelsel is later aangevul met ’n 8-punt-stelsel. Twee bykomende knoppies is onderaan die selle gevoeg, met die nommers 7 vir die knoppie links onder en 8 vir die knoppie regs onder. Daarmee kan ’n hoofletter in dieselfde sel as die letter self aangedui word, en meer karakters kan gebruik word. Al 256 (28) moontlike kombinasies van die 8-punt-stelsel kom in die Unicode-standaard voor.

Voorbeelde van die 6-punt-stelsel Letters en syfers 40px a of 140px b of 240px c of 340px d of 440px e of 540px f of 640px g of 740px h of 840px i of 940px j of 040px k40px l40px m40px n40px o40px p40px q40px r40px s40px t40px u40px v40px w40px x40px y40px z

Ander simbole 40px hoofl. volg40px syfer volg40px afkap- teken40px punt40px komma40px komma- punt40px uitroep- teken40px begin aanhaalDie begin-aanhalingsteken en die vraagteken is identies.40px sluit aanhaal40px vraag- teken40px hakieDie begin- en sluithakie is identies.40px koppel- teken

Verwysings en notas