duimnael|200px|Die vlag van die Chinese Keiserryk van 1889 tot 1911.

Die Chinese Keiserryk het tussen 221 v.C. en 1911 bestaan. Verskeie dinastieë het in dié tyd regeer.

Geskiedenis Voor 221 v.C. het verskeie onafhanklike vorstedomme in China bestaan. In 221 v.C. is China verenig onder die eerste keiser, Qin Shi Huangdi (wat "Eerste keiser van die Qin" beteken), en hy het die Qin-dinastie gestig. Tydens die Han-dinastie (206 v.C. - 220 n.C.) is die ryk uitgebrei tot in Korea, Viëtnam en Sentraal-Asië.

Hierna het ’n tydperk van verwarring gevolg: kortstondige dinastieë het mekaar vinnig opgevolg. Een van die stiller tye in dié periode was die Tang-dinastie (618-907). Dié dinastie was ’n bloeityd vir China. Onder die keisers van die Tang is onder meer ’n eksamenstelsel ingevoer: elkeen wat ’n amptenaar wou word, moes ’n reeks eksamens slaag. Vanaf die 9de eeu het die mag van die keiser toegeneem en het die ekonomiese sentrum na die suide geskuif.

Marco Polo het China glo omstreeks 1280 besoek toe die Mongoolse Yuan-dinastie aan die bewind was. Onder die etnies-Chinese Ming-dinastie (1368–1644) het seehandel en ontdekkingsreise toegeneem, maar in die tweede helfte van die 15de eeu is meer klem gelê op Chinese waardes en is die invloed van buite afgeweer. Later, onder die Qing-dinastie van die Mantsjoes (1644–1911), het die druk deur die Westerse wêreld weer toegeneem. In 1911 is die keiserryk eindelik tydens die Xinhai-rewolusie omvergewerp en is die Republiek van China uitgeroep.

Chinese keiserlike dinastieë Hieronder volg ’n chronologiese lys van die keiserlike dinastieë wat oor China regeer het.

Xia c. 2200-1750 v.C. Shang c. 1766-1122 v.C. Zhou 1122-256 v.C. Westelike Zhou 1122-771 v.C. Oostelike Zhou 771-256 v.C. Tydperk van die Lente en die Herfs 771-481 v.C. Periode van die Strydende State 403-221 v.C.

Van die Qin-dinastie af is daar amptelik sprake van ’n Chinese keiserryk. Qin 221-206 v.C. Han 206 v.C. - 220 Westelike Han 206 v.C. - 9 n.C. Wang Mang die Oorweldiger 9-23 Oostelike Han 25-220 Deling 220-589 Drie Koninkryke 220-280: Wei 220-265 (265-280: Jin) Shu-Han 221-263 Wu 222 (229)-280 Hereniging: Jin-dinastie 265-420 Burgeroorlog en opnuut deling Xiongnu-inval 311 Suid: die Ses Dinastieë, Oostelike Jin, Liu Song 420-479, Liang, Chen Noord: die Tydperk van die Sestien Koninkryke, o.a. Oostelike Zhao 304-320, Vroeg-Qin 351-386 Noordelike Wei 386-524 Oostelike Wei (vanaf 550: Noordelike Qi) en Westelike Wei (vanaf 557: Noordelike Zhou) Noordelike Zhou; verower Noordelike Qi 577, Liang 587 en Chen 589 Sui 589-618 Tang 618-907 Deling 907-960 Noord: Vyf Dinastieë Suid: Tien Koninkryke Noordelike Song 960-1127 Deling Noord: Jin (Jurge) 1115–1234 Suid: Suidelike Song 1127–1279 Yuan 1234–1368 Ming 1368–1644 Qing 1644–1912

Bronne Paludan, A. (1998) – Chronicle of the Chinese Emperors: The Reign-by-Reign Record of the Rulers of Imperial China, New York: Thames and Hudson – 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia

Kategorie:Geskiedenis van China Kategorie:Voormalige monargieë van Asië