Abdoellah bin Abdoel Aziz al-Saoed (Arabies: عبد الله بن عبد العزيز آل سعود 'Abd ullāh ibn ‘Abd al-‘Azīz Āl Su‘ūd) (1 Augustus 1924 – 23 Januarie 2015) was van 1 Augustus 2005 tot en met sy dood op 23 Januarie 2015 die koning van Saoedi-Arabië. Abdoellah was een van die 45 seuns van Abdoel Aziz al-Saoed, die stigter van Saoedi-Arabië. Hy het die troon ná die dood van sy halfbroer Fahd in 2005 bestyg. Hy was egter sedert 1995 die de facto-leier van die land nadat Fahd ’n beroerte gehad het.Olieprys styg na dood van Saoedi-koning, Maroela Media, 23 Januarie 2015
Abdoellah was 'n sterk bondgenoot van die VSA in die stryd teen die terreurgroep Al-Kaïda. Hy het hom vir die modernisering van die ultrakonserwatiewe Moslemkoninkryk beywer, onder meer deur meer geleenthede vir vroue te bewerkstellig.Koning Abdullah bin Abdulaziz van Saoedi-Arabië oorlede , koerant.co.za, besoek op 24 Januarie 2015
Abdoellah is op 90-jarige ouderdom aan longontsteking dood. Sy halfbroer Salman het kom as koning opgevolg. Ná sy dood is Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk die oudste monarg in die wêreld.Olieprys styg na dood van Saoedi-Arabië se koning , Praag, 23 Januarie 2015
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Saoediese monarge Kategorie:Konings Kategorie:Geboortes in 1924 Kategorie:Sterftes in 2015