Die Blou-Nyl (Amharies: ዓባይ, ʿAbbay, Arabies: النيل الأزرق, an-Nīl al-Azraq) is die tweede grootste sytak van die Nylrivier in Afrika. Dit is saam met die Wit-Nyl een van twee bronriviere van die Nyl.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Ofskoon sy gemiddelde afloop groter as dié van die Wit-Nyl is, word die Blou-Nyl as grootste sytak beskou en nie as gelykwaardige bronrivier nie, terwyl die Wit-Nyl as die Nylrivier se hoofloop beskou word.

duimnael|links|Saamvloei van die Blou- en Wit-Nyl naby Khartoem duimnael|links|Satellietbeeld van die Blou- en Wit-Nyl se saamvloei naby Khartoem Die naam van die rivier is 'n onakkurate vertaling van die Arabiese woord Azraq, wat sowel "blou" as "donker" beteken. Henri J. Dumont: The Nile: Origin, Environments, Limnology and Human Use. Monographiae Biologicae, Uitgawe 89, Dordrecht 2009 Die donker kleur van die Blou-Nyl word deur die groot hoeveelheid fyn, korrelrige grondmateriaal veroorsaak wat uit die Ethiopiese Hoogland meegevoer word.

Die Blou-Nyl ontspring in Noord-Ethiopië suidoos van die Tanameer, vloei 800 km deur Ethiopië "Climate, 2008 National Statistics (Abstract)" , Table A.1. Central Statistical Agency webwerf. Besoek op 23 Februarie 2015. en 650 km deur Soedan, waar die Blou-Nyl net suid van Khartoem met die Wit-Nyl saamvloei. Belangrike stede aan die rivier is Bahri, Khartoem en Omdoerman.

Sien ook Lys van riviere in Afrika

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Riviere in Ethiopië Kategorie:Riviere in Soedan Kategorie:Koesj