Nahas Gideon Angula (gebore op 22 Augustus 1943Profile on Namibian parliament website.Biographies of Namibian Personalities, klausdierks.com.) is 'n Namibiese politikus, wat as eerste minister van Namibië tussen 2005 en 2012 gedien het. Hy beklee sedert 2012 die amp as minister van verdediging.
Politieke loopbaan Angula is gebore in Onyaanya, Osjikoto, in die destydse Suidwes-Afrika. Hy was in ballingskap buite Namibië tussen 1965 en 1989. Gedurende hierdie tydperk het hy tussen 1973 en 1976 vir Radio Zambië gewerk en vir die Verenigde Nasies as staatsamptenaar tussen 1976 en 1980 gedien voordat hy in 1980 'n SWAPO-organiseerder geword het. Hy was in beheer van SWAPO se kieserregistrasie in 1989. Onmiddellik voor onafhanklikheid, Angula was 'n SWAPO-lid van die grondwetgewende vergadering, wat in plek was vanaf November 1989 tot Maart 1990.List of members of the Constituent Assembly, parliament.gov.na. Hy is 'n lid van die Nasionale Vergadering sedert 1990, en was minister van onderwys, sport en kultuur tussen 1990 en 1995 en minister van hoër onderwys vanaf 1995 tot 2005.
Angula het die hoogste aantal stemme, 395 (gelyk met Jerry Ekandjo), in die verkiesing tot die Sentrale Komitee van SWAPO by die party se kongres in Augustus 2002 verkry."The ruling party's new Central Committee" , The Namibian, 27 Augustus 2002. Hy was een van die drie kandidate wat SWAPO genomineer het as die party se presidensiële kandidaat in Mei 2004."Meet the men who are vying for Nujoma's job", Reuters (IOL), 28 Mei 2004. Hy het die derde plek in die eerste ronde bereik, waar hy 137 stemme ontvang het, terwyl Hifikepunye Pohamba 213 stemme ontvang het en Hidipo Hamutenya 166, en hy dus uitgesluit is van die tweede ronde. Diegene wat Angula ondersteun het gerugsteun Pohamba byna sonder uitsondering in die tweede ronde van die verkiesing, en Pohamba het oorwin.Petros Kuteeue, "Pohamba the winner" , The Namibian, 31 Mei 2004.
Op 21 Maart 2005, toe Pohamba ingesweer is as president van Namibië, het hy aangekondig dat hy Angula as eerste minister van Namibië sal aanstel."Namibia's new president takes office", AFP (IOL), 22 Maart 2005.
Nadat Hage Geingob op 2 Desember 2012 herkies is as SWAPO se adjunkpresident, en dus bevestig is as SWAPO se 2014 presidensiële kandidaat, het president Pohamba op 4 Desember 2012 Angula benoem om Geingob as eerste minister te vervang. Angula is in plaas aangestel as minister van verdediging."Namibia leader taps trade minister as likely successor" , Reuters, 4 Desember 2012.Selma Shipanga and Shinovene Immanuel, "Transition team picked" , The Namibian, 5 Desember 2012.
Onderwys en persoonlike lewe Angula het 'n meestersgraad in onderwys van die Universiteit van Columbia ontvang. Hy is 'n lid van die Lutherse kerk.
Verwysings
Kategorie:Eerste Ministers van Namibië Kategorie:Ministers van Onderwys Kategorie:Ministers van Verdediging Kategorie:Geboortes in 1943 Kategorie:Lewende mense