Theo-Ben Gurirab (23 Januarie 1938 – 14 Julie 2018 ) was 'n Namibiese politikus wat tussen 2002 en 2005 as eerste minister van Namibië gedien het. Voorheen was hy tussen 1990 en 2002 minister van buitelandse sake en in daardie tyd was hy tussen 1999 en 2000 voorsitter van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies. Hy was vanaf 2005 tot 2015 die speaker van die Nasionale Vergadering van Namibië.Profile at Namibian Parliament website.
Vroeë lewe en opvoeding Gurirab is in Usakos in die Erongo-streek gebore. In 1960 behaal hy aan die Augustineum Training College in Okahandja 'n onderwysdiploma en tydens sy ballingskap in die Verenigde State van Amerika het hy in 1964 met 'n graad in politieke wetenskap by die Temple Universiteit in Pennsilvanië gegradueer.
Politieke loopbaan Tydens sy ballingskap tussen 1962 en 1989 was hy mede-verteenwoordiger van die SWAPO-sending na die Verenigde Nasies en vanaf 1964 en 1972 die Verenigde State van Amerika asook tussen 1972 en 1986 destydse hoof van die SWAPO-sending na die Verenigde Nasies. Daarna was hy vanaf 1986 tot 1990 SWAPO se sekretaris van buitelandse sake.
Hy was 'n SWAPO-lid van die grondwetgewende vergadering wat in plek was van November 1989 tot Maart 1990, onmiddellik voor onafhanklikheid, List of members of the Constituent Assembly, Namibiese parlement se webwerf. en die "sleutel-opsteller" van Namibië se grondwet. Sedert 1990 was hy 'n lid van die Nasionale Vergadering, sowel as die Sentrale Komitee en Politburo van SWAPO. Hy was minister van buitelandse sake vanaf die onafhanklikheid in 1990 totdat hy op 27 Augustus 2002 deur president Sam Nujoma as eerste minister aangestel is om Hage Geingob te vervang. Christof Maletsky (28 Augustus 2002): "Nujoma shuffles the Cabinet pack", The Namibian via allafrica.com.
Terwyl hy as minister van buitelandse sake gedien het, is hy op 14 September 1999 verkies as die voorsitter van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies; hierdie amp het hy tot September 2000 beklee. Peter Mwaura, "Namibian to lead UN General Assembly", Africa Recovery, volume 13 #2–3 (September 1999), bladsy 4.
Na aanleiding van die 2004-verkiesing is Gurirab op 20 Maart 2005 as Speaker van die Nasionale Vergadering aan die begin van die nuwe parlementêre termyn verkies. "New Parliament Takes Office in Namibia" , VOA News, 20 Maart 2005.
Hy het die sesde hoogste aantal stemme (377) in die verkiesing tot die sentrale komitee van SWAPO by die party se kongres in Augustus 2002 verkry. "The ruling party's new Central Committee" , The Namibian, 27 Augustus 2002. Hy was weer een van die hoogste tellingskandidate in die verkiesing tot die Sentrale Komitee op SWAPO se kongres in November 2007. Christof Maletsky, "Swapo big names dropped" , The Namibian, 3 Desember 2007.
Vanaf 2008 tot 2011 was Gurirab die president van die Inter-Parlementêre Unie (IPU), 'n internasionale organisasie van parlemente van soewereine state.
Gurirab is in die parlementêre verkiesing van November 2009 herkies tot die Nasionale Vergadering, waarin SWAPO 'n groot meerderheid van die setels behou het. Wanneer die LP hul sitplekke vir die nuwe parlementêre termyn op 19 Maart 2010 opgeneem het, het hulle eenparig Gurirab herkies tot sy pos as Speaker van die Nasionale Vergadering. Tydens sy toespraak op daardie geleentheid het Guiriab die belangrikheid van die grondwet beklemtoon: "As een van die skrywers, onder die langsdienende openbare amptenare en stigters van ons republiek, weet ek van die hoogste visie wat die grondwet maak voorsien vir Namibië, asook die belofte van nasionale eenheid, versoening, demokrasie, die oppergesag van die reg, menswaardigheid, sosio-ekonomiese bevryding en die verbintenis van die winste van ons lang en bitter stryd om bevryding en onafhanklikheid te beskerm." John Ekongo, "New MPs take their seats", New Era, 23 Maart 2010.
Toekennings 1999: Doktorsgraad in reg honoris causa, Universiteit van Namibië. Orde van die Son Eerste Klaas. sedert 2002: Lid van die Internasionale Raoul Wallenberg Stigting. 2000: Ereprofessoraat van buitelandse sake, China se buitelandse sake Universiteit, Beijing. Gurirab was slegs die derde buitelander wat hierdie titel ontvang het. 2000: Stigterslid van die Olimpiese wapenstilstandsstigting in Athene. 2011: Erepresident van die IPU.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Eerste Ministers van Namibië Kategorie:Ministers van Buitelandse Sake Kategorie:Geboortes in 1939 Kategorie:Sterftes in 2018