duimnael|300px|'n X-straalfoto van 'n persoon se longe.

X-strale of x-strale is elektromagnetiese strale soortgelyk aan radio-, hitte- en ligstrale. Hulle het egter baie korter golflengtes en kan deur liggame of voorwerpe dring wat opaak (ligondeurdringbaar) is. X-strale dek die volgende gedeelte van die elektromagnetiese spektrum: 30 EHz – 30 PHz1 EHz = 1018 Hz en 1 PHz = 1015 Hz en golflengtes van 0,01 nm – 10 nm. Hulle het ’n energie van tussen 124 eV en 124 keV.

Die term röntgenstrale, wat soms daarvoor gebruik word, is genoem na Wilhelm Röntgen, wat gewoonlik die krediet daarvoor kry dat hy dit ontdek het; hy het dit "X-strale" genoem om ’n onbekende soort straal aan te dui.Novelline, Robert (1997). Squire's Fundamentals of Radiology. Harvard University Press. 5de uitg. .

Gebruike X-strale met ’n hoë fotonenergie (bo 5-10 keV; ’n golflengte onder 0,2-0,1 nm) word "harde X-strale" genoem, en dié met ’n lae energie "sagte X-strale". Vanweë die deurdringingsvermoë van harde X-strale word hulle algemeen gebruik om die binnekant van voorwerpe te sien, byvoorbeeld in mediese radiografie en lughawesekuriteit. Die term "X-straal" word algemeen gebruik vir ’n radiografiese beeld asook vir die metode self.

Omdat die golflengtes van harde X-strale soortgelyk is aan die grootte van atome, is hulle ook nuttig in die bepaling van kristalstrukture. Daarteenoor word sagte X-strale maklik in die lug geabsorbeer.

Generasie

Die X-straalspektrum bestaan ​​gewoonlik uit agtergrondstraling wat versprei is volgens die Rayleigh-wet en waarop 'n aantal skerp spektrale lyne geplaas is. Hierdie spektrale lyne word gegenereer wanneer 'n hoë-energie elektron een van die elektrone in 'n interne skil van 'n atoom losmaak. Die losgemaakte elektron is dikwels van die K (of binneste) skil. Daarna vul 'n elektron van een van die hoër skille hierdie leemte en gee sy surplusenergie in die vorm van 'n foton af. Waneer 'n mens die SI-stelsel gebruik, is die benaderde energie (n joules) van die foton deur die volgende vergelyking gegee:

waar : konstante van Planck : ligsnelheid : Konstante van Rydberg : Aantal protone in die kern : Getal van die laer energievlak : Getal van die hoër energievlak.

Alhoewel energieë wat deur hierdie vergelyking gegee in joules aangehaal word, dui X-straalpraktisyns gewoonlik die energie van die X-straalbundel in elektronvolts aan. Dit gee 'n aanduiding van die spanning wat nodig is om die bundel te skep. Die twee is verwant deur .

Die sterkste lyne op die X-straalspektrum word die Kα- en Kβ-lyne genoem. Hierdie lyne ontstaan ​​uit leemte in die binneste of K-skil (). Die Kα-lyn stem ooreen met hierdie leemte wat gevul is met 'n elektron van die L-skil (), terwyl die Kβ-lyn ooreenstem met die leemte wat gevul word deur 'n elektron van die M-skil ().

+ Kenmerkende X-straal-emissielyne vir sommige algemene anodemateriale.Anodemateriaal Atoom-getal Foton energie [keV] golflengte [nm] Kα1 Kβ1 Kα1 Kβ1 W 74 59.3 67.2 0.0209 0.0184 Mo 42 17.5 19.6 0.0709 0.0632 Cu 29 8.05 8.91 0.154 0.139 Ag 47 22.2 24.9 0.0559 0.0497 Ga 31 9.25 10.26 0.134 0.121 In 49 24.2 27.3 0.0512 0.0455 Al 13 1.4867 1.5574 0.8340 0.7961

Notas

Verwysings

Bronnelys Dokter in die huis, dr. Jan van Elfen, 1993

Eksterne skakels Radiografie: ’n gebreekte humerus Foto van ’n X-straalmasjien X-straalveiligheid ’n X-straalbuis-demonstrasie (animasie) "What is Radiology?", ’n eenvoudige les X-strale en kristalle

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Elektromagnetisme Kategorie:Mediese prosedures Kategorie:Straling Kategorie:Radiologie