Origanum is 'n genus van kruidagtige meerjariges en bossies in die familie Lamiaceae, inheems aan Europa, Noord-Afrika, en groot dele van gematigde Asië, waar hulle gevind word in oop of bergagtige habitat. 'n Paar spesies is ook ingevoer na verspreide plekke in Noord-Amerika en ander gebiede.Kew World Checklist of Selected Plant FamiliesAltervista Flora Italiana, genere Origanum insluitend foto's en verspreidingskaarte vir Europa en Noord-AmerikaFlora of China Vol. 17 Page 233 Origanum vulgare Linnaeus, Sp. Pl. 2: 590. 1753. Biota of North America Program 2013 county distribution maps

Die plante het sterk aromatiese blare en groot buisvormige blomme met langdurige gekleurde skutblare. Die genus sluit die belangrike groep kruie in: marjoram en oregano.

Origanumspesies word gebruik as voedselplante deur die larwes van sommige Lepidoptera (vlinderspesies), insluitend Coleophora albitarsella.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Kruie