Compagnie Financière Richemont SA is 'n Switserse moedermaatskappy wat in 1988 deur die Suid-Afrikaanse sakeman Johann Rupert gestig is. Die maatskappy, wat sy hoofkwartier in Bellevue in die Wes-Switserse kanton Genève het, besit verskeie luukse-produkte-maatskappye en -handelsmerke, waaronder A. Lange & Söhne, Azzedine Alaïa, Baume & Mercier, Cartier, Chloé, Dunhill, IWC Schaffhausen, Giampiero Bodino, Jaeger-LeCoultre, Lancel, Montblanc, Officine Panerai, Piaget, Peter Millar, Purdey, Roger Dubuis, Vacheron Constantin, en Van Cleef & Arpels. Deur middel van hierdie dogtermaatskappye ontwerp, produseer, versprei, en verkoop Richemont juwele, horlosies, leerprodukte, skryfinstrumente, wapens, klere, en bykomstighede. Dit is die tweede grootste onderneming in dié bedryf na die Franse LVMH.Handelsblatt, 24 Januarie 2018: Richemont baut mit Milliardenzukauf Internet-Geschäft aus Richemont word openbaar onder die simbool CFR op die Switserse aandelebeurs (SIX) en op die JSE in Suid-Afrika verhandel.

In November 2012 was Richemont volgens beurswaarde die sesde grootste maatskappy op die SIX.

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf

Kategorie:JSE-genoteerde maatskappye Kategorie:Suid-Afrikaanse maatskappye Kategorie:Switserse maatskappye