Hilgard Muller (4 Mei 1914, Potchefstroom – 10 Julie 1985, Pretoria) was 'n Suid-Afrikaanse politikus van die Nasionale Party, burgemeester van Pretoria (1953–1955), verkose lid van die parlement in 1958 en minister van buitelandse sake na die aftrede van Eric Louw in 1964. Hy het afstand gedoen van beide poste in 1977.

Muller het regte aan die Universiteit van Pretoria gestudeer, 'n Rhodes-beurs aan die Universiteit van Oxford ontvang en 'n doktorsgraad in die regte behaal. Nadat hy in die regte in Pretoria gepraktiseer het, is hy in 1951 tot Pretoria se stadsraad verkies en het twee jaar later burgemeester van die stad geword.

Hy het in 1957 uit die stadsraad bedank en is die volgende jaar vir Pretoria-Oos tot die nasionale volksraad verkies. Hy besluit in 1961 om nie vir 'n tweede termyn te dien nie, in plaas daarvan is hy as Suid-Afrika se ambassadeur in Londen aangestel, maar keer in 1964 na die parlement terug en is onmiddellik as minister van buitelandse sake aangestel.

Muller het in 1977 uit die openbare lewe getree en is deur Frederik Roelof "Pik" Botha opgevolg, wat dié amp tot die eerste volle demokratiese verkiesing in 1994 beklee het.

Verwysings

Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse burgemeesters Kategorie:Suid-Afrikaanse diplomate Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van buitelandse sake Kategorie:Pretoria Kategorie:Geboortes in 1914 Kategorie:Sterftes in 1985