Louis Pienaar (26 Junie 1926 – 5 November 2012, Kaapstad) was ’n Suid-Afrikaanse regsgeleerde, politikus en diplomaat. Hy was die laaste administrateur van Suidwes-Afrika, vanaf 1985 tot Namibië onafhanklikheid verkry het in 1990. Pienaar het ook as ’n minister in die kabinet van F.W. de Klerk gedien tot 1993.

In die vroeë 1980’s is Louis Pienaar aangestel as Suid-Afrika se ambassadeur in Parys, Frankryk.

In 1990 is hy, met sy terugkeer na Suid-Afrika, as minister van nasionale onderwys in president de Klerk se kabinet aangestel, waar hy verantwoordelik was vir die aftakeling van die strukture van apartheid in die onderwys. Van Mei 1992 tot April 1993 het Pienaar as minister vir binnelandse sake gedien.

Pienaar het op 5 November 2012 in sy woning in Kaapstad gesterf.

Verwysings

Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1926 Kategorie:Sterftes in 2012 Kategorie:Geskiedenis van Namibië Kategorie:Suid-Afrikaanse diplomate Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van binnelandse sake Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van onderwys Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van toerisme en omgewingsake Kategorie:Suid-Afrikaanse ambassadeurs in Frankryk