duimnael|links|220px|Wintersalami duimnael|220px|Hongaarse Herz Salami geadverteer in Budapest, 1900 Salami is gekuurde, gegisde en luggedroogde worsvleis, afkomstig van een of 'n verskeidenheid van vleissoorte. Salami is al eeue lank gewild onder Suid-Europese boere, omrede dit gestoor kan word by kamertemperatuur vir tydperke van tot 30-40 dae, selfs nadat daarvan afgesny is. Dit was aanvullend tot 'n moontlik karige voorsiening van vars vleis.

In Europa word tradisioneel vele variëteite van salami gemaak.

Bestanddele van salami 'n Tradisionele salami, met sy tipiese marmervoorkoms, word gemaak van een of meer van die volgende vleissoorte:

Vark, of, in Kosher- en Halaalsalami, beesvleis (veral kalfsvleis), wildsvleis, pluimvee (meestal kalkoen, as gevolg van dieetbeperkings, sowel as ganssalami wat tradisioneel is in sommige gebiede van Noord-Italië), donkie en perd.

Bykomende bestanddele kan insluit: knoffel gemaalde vet sout speserye, gewoonlik witpeper verskeie kruie asyn wyn

Kategorie:Wors