Mantombazana 'Manto' Edmie Tshabalala-Msimang, née Mali, (9 Oktober 1940 – 16 Desember 2009), was 'n Suid-Afrikaanse politikus. Sy was adjunkminister van justisie tussen 1996 en 1999 en het omstrede gedien as minister van gesondheid tussen 1999 en 2008 onder president Thabo Mbeki. Sy het ook as minister in die presidensie gedien onder president Kgalema Motlanthe vanaf September 2008 tot Mei 2009.

Haar onwetenskaplike klem op die behandeling van Suid-Afrika se Vigs-epidemie, wat volgens haar maklik bereikbaar sou wees deur die gebruik van groente soos knoffel en beet, eerder as met teenretrovirale medisyne, het gelei tot plaaslike en internasionale kritiek. Daar word beweer dat hierdie beleid direk gelei het tot die dood van meer as 300 000 Suid-Afrikaners wat geïnfekteer was.

Sien ook MIV/vigs in Suid-Afrika

Verwysings

Eksterne skakels Manto vervang deur Barbara Hogan Tshabalala-Msimang se CV Demokratiese Alliansie-webwerf oor Tshabalala-Msimang se mislukkinge Sack Manto , 'n Suid-Afrikaanse inisiatief om die minister plig te verdryf Tagtig wetenskaplikes veroordeel Suid-Afrika se vigsbeleid Vigskundiges veroordeel Suid-Afrikaanse minister Transkripsie van die radio-onderhoud met Tshabalala-Msimang en vraag wat MIV/vigs veroorsaak

In haar eie woorde: Die Minister se aanbieding van die gesondheidsfondsbegroting vir 2005 Parlementêre Media Inligtingstuk, Februarie 2005

Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van gesondheid Kategorie:Geboortes in 1940 Kategorie:Sterftes in 2009