PilsenPlzeň 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Provinsie Pilsen Koördinate Stigting (eerste verwysing) 976 Oppervlakte: - Totaal 137,65 vk km Hoogte bo seevlak 452 m Bevolking: - Totaal (2011) 170 322 - Bevolkingsdigtheid 1 237/vk km Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +1 (MEST) Burgemeester Pavel Šindelář (ODS) Amptelike webwerf pilsen.eu
Pilsen (Tsjeggies: Plzeň) is die vierde grootste stad in Tsjeggië en die hoofstad van die gelyknamige streek. Die stad is ongeveer 90 km wes van Praag en het meer as 170 322 inwoners. Dit is in die weste van die historiese Boheme-streek geleë.
Die stad is wêreldberoemd vir sy bier. Josef Groll het die eerste Pilsner-bier in 1842 hier gebrou.
Pilsen en die Belgiese stad Mons is as die Europese Kultuurhoofstede van 2015 aangewys.
Susterstede Pilsen is die susterstad van die volgende stede: Birmingham (Verenigde State) Limoges (Frankryk) Luik (Belgie) Regensburg (Duitsland) Takasaki (Japan) Winterthur (Switserland)
Naam Die naam "Pilsen" kom van die plant "bilsekruid", wat gebruik is as 'n bestanddeel van gruit, 'n tradisionele smaakmiddel in bier. Verskeie stede, soos Pilsen, is daarom na die kruid genoem. Bilsekruid is in die 11de tot 16de eeu met hops vervang in bier.
Fotogalery
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Nedersettings in Boheme