Jan Christoffel "Stoffel" Botha (*Standerton, 1929 – †Howick, 18 April 1998SAHistory.org.za berig oor Botha se dood.) was ’n Suid-Afrikaanse politikus, ’n lid van die Nasionale Party, verkose verteenwoordiger van Port Natal (tot 1989), administrateur van Natal (1979–1984) en minister van binnelandse sake (1985–1989) in P.W. Botha se regering.

Botha was ’n prokureur van beroep en het sy professionele loopbaan in Pretoria begin, voor hy die politiek betree het.

Hy is in 1979 in Natal, waar hy ’n plaas besit het, verkies tot administrateur van die provinsie. Hy was die provinsiale hoof van die Nasionale Party toe staatspresident P.W. Botha hom in sy regering as minister van binnelandse sake in 1985 aangestel het. In hierdie amp was hy verantwoordelik vir sensuur, en het die swartskaap van die opposisiepers geword, insluitend The Weekly Mail. In 1986 het hy magsdeling met die swart meerderheid teengestaan, toe hy die nuwe rigting wat die Nasionale Party ingeslaan het, besef het.

In 1989, toe F.W. de Klerk aan die bewind gekom het, het hy sy uittrede uit die politiek aangekondig. Hy is in 1998 oorlede.

Verwysings

Eksterne skakels Oudmin. Stoffel Botha (68) sterf aan hartversaking, Beeld, 21 April 1998.

Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van binnelandse sake Kategorie:Suid-Afrikaanse regters Kategorie:Geboortes in 1929 Kategorie:Sterftes in 1998 Kategorie:Politici van die Nasionale Party