Sandy Park is ’n rugbystadion en konferensiesentrum in Exeter, Engeland, met sitplek vir 12 500 mense. Dit is die tuisveld van Exeter Chiefs wat sedert die 2010/11-seisoen aan die Aviva Premierskap deelneem. Die klub het in 2006 na Sandy Park geskuif van hul vorige tuisveld, County Ground.

Sandy Park is een van 13 stadions waar wedstryde tydens die Rugbywêreldbeker 2015 gespeel is. Drie wedstryde van spanne in Groep C en D is op Sandy Park gespeel: Tonga teen Namibië, Namibië teen Georgië en Italië teen Roemenië. Dit is ook tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2025 vir sewe wedstryde gebruik.

’n Wedstryd tussen die Engeland Saxons en die Ierland Wolfhounds is op 28 Januarie 2012 op Sandy Park gespeel waarin die Saxons met 23–17 gewen het.

Fotogalery

Wedstryde Rugbywêreldbeker 2015

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 29 September 2015 16:45 35–21 Groep C 10 103 7 Oktober 2015 20:00 16–17 Groep C 11 156 11 Oktober 2015 14:30 32–22 Groep D 11 450

Vrouerugbywêreldbeker 2025

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 23 Augustus 2025 20:15 24–0 Groep D 7 052 31 Augustus 2025 14:00 62–19 Groep C 13 902 31 Augustus 2025 16:45 84–5 Groep D 13 902 6 September 2025 12:00 40–19 Groep B 14 003 6 September 2025 14:45 25–28 Groep B 14 003 13 September 2025 12:30 46–17 Kwarteindrondte 12 116 14 September 2025 12:30 18–13 Kwarteindrondte 11 618

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Rugbystadions in Engeland Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions Kategorie:Vrouerugbywêreldbekerstadions