Die Hyundai Atos is 'n stadsmotortjie wat sedert 1997 deur die Suid-Koreaanse motorvervaardiger Hyundai gebou word. Dit was ook onder die modelname Atoz, Amica en SANTRO Xing bemark. Dit is opgekikker in 1999, toe dit bemark is as die Atos Prime, en weer in 2003. Dit is slegs beskikbaar met 'n vyfdeur luikrugbakstyl. Dit is in 2007 in die meeste markte deur die Hyundai i10 vervang, maar produksie duur voort in Indië, waar dit nog steeds soos oorspronklik bemark word.

Eksterne skakels

Verwysings

Atos