Temba Bavuma (gebore 17 Mei 1990 in Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler wat internasionaal vir die Proteas en plaaslik vir die Gauteng Lions speel. Hy het sy eersterangse debuut vir lg. span gemaak in 2008 tydens 'n wedstryd teen die Oostelike Provinsie. Hy kolf gewoonlik in die middelorde en is die eerste swart Suid-Afrikaner om 'n toetshonderdtal vir sy land aan te teken.

Op 4 Maart 2021 het Krieket Suid-Afrika Bavuma as Suid-Afrikaanse EDI- en T20I-kaptein aangewys; hy vervang Quinton de Kock in dié rol. Hy het onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 2023, die T20I-wêreldbekertoernooie in 2021 en 2022 asook die Kampioenetrofee 2025 vir Suid-Afrika gespeel. Hy was ook die kaptein van Suid-Afrika se seëvierende span wat tydens die Wêreldtoetskampioenskap 2023–2025-eindstryd Australië geklop het, gelyk aan die Proteas se tweede internasionale kriekettitel ná die Kampioenetrofee 1998.

Toetsloopbaan Bavuma het op 26 Desember 2014 sy toetsdebuut vir die Proteas teen die Wes-Indiese Eilande gemaak.

Bavuma het sy eerste (en tot dusver enigste) toetspaaltjie op 7 November 2016 teen Australië geneem.

Verwysings

Eksterne skakels

Temba Bavuma by ESPNcricinfo Temba Bavuma by CricketArchive

Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1990 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Xhosas