duimnael|links|Die eerste kabinet van die Unie van Suid-Afrika in 1910 onder leierskap van eerste minister Louis Botha. Agter: J.B.M. Hertzog, Henry Burton, F.R. Moor, C. O'Grady Gubbins, Jan Smuts, H.C. Hull, F.S. Malan, David Graaff Voor: J.W. Sauer, Louis Botha, Abraham Fischer
Jacobus Wilhelmus Sauer (1850 – 24 Julie 1913) was 'n Suid-Afrikaanse staatsman. Hy is gebore op Burgersdorp, studeer aan die Suid-Afrikaanse Kollege en word 'n prokureur op Aliwal-Noord. In 1876 word hy verkies tot die Koloniale Parlement. Hy is 'n ondersteuner van sir Gordon Sprigg en was Sekretaris van Naturelle Sake van 1881 tot 1884. In 1893 word hy koloniale sekretaris onder Cecil John Rhodes en in 1896 word hy leier van die opposisie in die Volksraad. Hy word 'n kampvegter van die nie-blankes en beskryf homself as 'n filantropiese radikaal. Hy weier 'n ridderskap toe dit hom aangebied word.
Lees ook Paul Sauer Uitkyk (wynplaas)
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van justisie Kategorie:Geboortes in 1850 Kategorie:Sterftes in 1913