Simon Ross Harmer (gebore 10 Februarie 1989, Pretoria) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler, 'n veelsydige regterhandse middelkolwer en wegbreekbouler vir die eersterangse Warriors, sowel as die Suid-Afrikaanse A-span, Suid-Afrikaanse Universiteite (kaptein), en mees onlangs die Proteas.

Harmer maak sy eersterangse debuut vir die Warriors in die 2010–2011 seisoen teen die Kaapse Kobras deur 5 vir 98 in die eerste beurt en 1 vir 53 in die tweede beurt te neem, saam met sy 46 en 69* lopies met die kolf aangeteken.http://www.espncricinfo.com/southafrica/content/player/432960.html#bataves Hy speel gereelde wedstryde vir die Warriors-span in 2011–2012, en eindig die seisoen as die voorste paaltjienemer in sy volle nuwelingseisoen, naamlik 44 paaltjies.http://stats.espncricinfo.com/ci/engine/records/bowling/most_wickets_career.html?id=6838;type=tournament

Harmer maak sy toetsdebuut vir die Proteas in die Nuwejaarstoets van 2015 op Nuweland, Kaapstad, teen die Wes-Indiese Eilande. Hy neem sy toetsdebuutpaaltjie deur Devon Smith te boul in die lááste boulbeurt voor ete op dag een,http://www.espncricinfo.com/south-africa-v-west-indies-2014-15/content/story/815081.html en eindig die beurt met puik syfers van 26 beurte, 5 leeg, 71 lopies en 3 paaltjies.http://www.espncricinfo.com/south-africa-v-west-indies-2014-15/engine/match/722333.html

Verwysings

Eksterne skakels Simon Harmer by Cricinfo Simon Harmer by CricketArchive

Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1989 Kategorie:Lewende mense