Rona Rupert, née Davel, (7 Februarie 1934 - 25 Augustus 1995) was 'n Afrikaanse skrywer. Rupert het 33 Afrikaans boeke vir kinders en jongmense geskryf. Sy wen die C.P. Hoogenhout-prys in 1976, die Scheepersprys vir Jeugliteratuur in 1980, die MER-prys in 1985 en die Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur in 1988.

Rupert is in Calvinia gebore. Haar pa was 'n dosent in Afrikaans en Nederlands voor die gesin na Calvinia verhuis en die plaas Doega gekoop het.

Sy het Afrikaans en musiek aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en behaal 'n BA-graad in 1953, 'n Sekondêre Onderwysdiploma in 1954 asook 'n voordraerslisensiaat (klavier). Sy het musiek vir 'n jaar in Amsterdam gestudeer. Daarna bied sy vir jare lesse in musiek, blokfluit en klavier aan.

Na hul huwelik trek sy en Koos Rupert na Stellenbosch, waar hulle in Thibaultstraat gewoon het. Hulle het 'n dogter, Marian. Rona en Koos was mede-stigters van die Karoo Boekehuis in Calvinia, waar skrywers in vrede kan bly en werk.

Werke Die Koningskind van die Hantam, Tafelberg Uitgewers, 1967 Elias Loop in die Ry, 1968 Die verhaal van die vrolike liedjie, (CarineCalitz ill.), Human & Rousseau, 1967 Brandkloof se kinders, 1969 By omdraai verby, 1970 Cato van Brandkloof, 1971 Martinus en die windpomp, (Cora Coetzee ill.), Human & Rousseau, 1971 Molisana, die seun wat die klei-osse maak, Human & Rousseau, 1972 Die musiek wat die koning wil hoor, 1972 Iets wat vir Anna-Katrien mooi is, Human & Rousseau, 1972 Die eerste keer, 1974 Wat maak jy, Hektor?, 1974 Die dag toe name volop was, 1975 Luister Lefa, Human & Rousseau, 1976 14 is anders, 1977 Wegloopwinter (Runaway Winter, 1982), 1978 Woorde is soos Wors, Human & Rousseau, 1979 Die aarbeimense, Human & Rousseau, 1980 Dis myne, 1981 Die tweede verslag van 'n buitengewone ontmoeting, 1981 Te rooi vir woorde, (Alida Bothma ill.), Human & Rousseau, 1982 Wat wil jy maak as jy weet?, 1983 Al Everest se voëls, (Alida Bothma ill.), Human & Rousseau, 1984 Ambraal, hoe gaan dit nog?, 1984 Ek is Gideon, 1985 Nou wil almal sien (They all want to see), (Alida Bothma ill.), Human & Rousseau, 1987 En wat van my?, 1987 Mamma! ek is bang (Mama! I'm scared), (Brigitte Schröder ill.), Human & Rousseau, 1988 Foptyd, 1990 Mamma, ek gaan ry (Mama, I'm going riding), (Brigitte Schröder ill.), Human & Rousseau, 1990 Drie Lemoene en 'n Duif, Human & Rousseau, 1990 Speel dit weer, 1990 'n Roofvoel uit die Ooste, Human & Rousseau, 1995 Straw Sense, Simon and Schuster, 1995 In die Skadu van Berg Athos, Human & Rousseau, 1996

Kyk ook Lys van Afrikaanse skrywers

Bron Profiel op stellenboschwriters.com

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1934 Kategorie:Sterftes in 1995 Kategorie:Afrikaners