Kingsholm-stadion is ’n rugbystadion in Gloucester, Engeland, met sitplek vir 16 500 mense. Die stadion is die tuisveld van Gloucester Rugby en het die bynaam ‘Castle Grim’ na aanleiding van die landgoed waarop die stadion gebou is. Die nuwe hoofpawiljoen wat in 2007 geopen is, het sitplek vir 7 500 aan die suidekant van die speelveld.

duimnael|links|Die uitsig vanaf die skuur Kingsholm is as Engeland se tuisveld gebruik voordat die span na Twickenham geskuif het. ’n Poelwedstryd tussen die VSA en Nieu-Seeland is tydens die Rugbywêreldbeker 1991 hier gespeel.

Soortgelyk aan die velde van talle professionele Engelse Rugbyklubs het Kingsholm staanpawiljoene. Die noordelike pawiljoen is so ’n area en staan as ‘die Skuur’ bekend. Dit strek vir die lengte van die speelveld en kan ongeveer 4 000 mense vat. Die Skuur is in rugbykringe bekend vir sy nabyheid aan die veld en die lae dak oor die pawiljoen. Die westelike pawiljoen kan ongeveer 2 000 mense vat.

Die oostelike paviljoen het slegs sitplekke en lê aan Kingsholmweg. Ongeveer 3 000 mense kan daar sit.

Rugbywedstryde Lys van internasionale rugbywedstryde by Kingsholm-stadionDatumSpan 1TellingSpan 2Notas 6 Januarie 1900 3–13 Home Nations Championship 1900 8 Oktober 1991 46–6 Rugbywêreldbeker 1991 27 Mei 2008 39–14 Britse Barbariansonbeperkte wedstryd 15 November 2014 40–12 2014 eindjaarrugbytoetsreeks 5 September 2015 13–10 Rugbywêreldbeker warm-op 19 September 2015 17–10 Rugbywêreldbeker 2015 23 September 2015 45–10 25 September 2015 54–9 11 Oktober 2015 18–28

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Rugbystadions in Engeland Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions