Sir Nicolaas Frederic de Waal (1853–1932) was die eerste administrateur van Kaapland. Hy is in Nederland gebore. Hy kom in 1880 in Suid-Afrika aan en vestig hom in Middelburg. Hier open hy 'n regspraktyk. Hy word betrokke in die politiek en word 'n vooraanstaande figuur in die Afrikanerbond. Hy word in 1898 'n lid van die Kaapse parlement. Later word hy Minister van Binnelandse Sake in die kabinet van John X. Merriman in 1908. Met Uniewording word hy die Administrateur van Kaapland. Hy tree in 1926 af en is oorlede op 5 April 1932.

Sien ook Lys van administrateurs van voormalige Suid-Afrikaanse provinsies

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.

Kategorie:Suid-Afrikaanse politici