Gregoire Boonzaier (1909–2005) was 'n Suid-Afrikaanse skilder van veral natuur- en straattonele, Distrik Ses en die Bo-Kaap. Hy werk in verskeie media in ’n kenmerkende Impressionistiese styl. In later jare skilder hy vele selfportrette, boomstudies en stillewes. Hy het slegs een student gehad, Conrad Theys (1940-).HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Lewensloop Gregoire Johannes Boonzaier is op 31 Julie 1909 in Kaapstad gebore. Hy was die vyfde kind van die bekende spotprenttekenaar Daniel Cornelis Boonzaier en Maria Elizabeth Boonzaier. Hy studeer in Kaapstad en Londen in 1934. Hier het hy bekendheid verwerf as 'n landskapskilder.Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.

In 2003 het sy seuns, Anton en Emile, saam met die familie rekenmeester Sybrand Smit, die kunsateljee se finansies oorgeneem. In dieselfde jaar is Marie, sy lewensmaat van nagenoeg 60 jaar, aan 'n beroerte oorlede. In November 2004 voltooi Boonzaier van sy laaste werke en ruim sy ateljee vir oulaas op. In Februarie 2005 gaan op 'n eetstaking en wend hom tot sy bed om die dood in te wag. Hy is uiteindelik op 22 April 2005 om 22:15 in Onrus oorlede. Hy was 95 jaar oud.

Boonzaier het drie eredoktorsgrade oor sy loopbaan ontvang. Onder sy talle pryse en toekennings is 'n silwer Orde vir Voortreflike Diens van Nelson Mandela in 1999.National Order Recipients, 1999 . Sy werk kan in privaat en korporatiewe versamelings oor die wêreld gevind word.

Fotogalery

Verwysings

Bronne Duminy, Pieter: Uit liefde vir die Oos-Kaap. In: Suid-Afrikaanse Panorama. Jaargang 34, nr. 10, November/Desember 1989. ISSN 0491-4783 Green, Eldred: Gregoire Boonzaier - an appreciation. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 9, nr. 3, Maart 1960 Trümpelmann, J.: Gregoire Boonzaier - 'n waardering. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 9, nr. 3, Maart 1960

Boonzaier, Gregoire Kategorie:Geboortes in 1909 Kategorie:Sterftes in 2005