United Parcel Service of North America, Inc., gewoonlik na verwys en gemerk as UPS (gestileer as ups), is die grootste verskepings- en logistieke maatskappy in die wêreld. Die Amerikaanse globale pakketversendingsmaatskappy het sy hoofkwartier in Sandy Springs, Georgia, wat deel is van die Groter Atlanta metropolitaanse gebied. UPS lewer meer as 15 miljoen pakkette per dag af aan meer as 6,1 miljoen kliënte in meer as 220 lande en gebiede in die wêreld."Contact UPS: United States." United Parcel Service. Besoek op 19 Mei 2009."City Council Districts ." City of Sandy Springs. Besoek op 19 Mei 2009.

UPS is bekend vir sy bruin afleweringsvragmotors en personeeluniforms, vandaar die maatskappy se bynaam "Brown". UPS bedryf ook UPS Airlines, sy eie lugredery en lugvragdiens, (IATA-kode: 5X, ICAO: UPS, roepsein: UPS) gebaseer in Louisville, Kentucky, VSA.

Verwysings

Kategorie:Amerikaanse maatskappye Kategorie:Posdienste