Oman Air (Arabies: الطيران العماني) (IATA: WY, ICAO: OMA) is die nasionale lugredery van Oman geleë op die perseel van Muscat Internasionale Lughawe in Seeb, Muscat, Oman.Kontak ons , Oman Air . URL besoek op 3 Desember 2014. Dit onderneem geskeduleerde plaaslike en internasionale passasiersdienste, sowel as die plaaslike lugtaksi- en huurvlugte. Die belangrikste basis is Muscat Internasionale Lughawe. Oman Air is 'n lid van die Arabiese Lugdiensorganisasie. Op 1 Maart 2010 het Oman Air die eerste lugredery in die wêreld geword om invlug beide selfoon- en Wi-Fi internetdienste aan te bied op uitgesoekte roetes.

In 2011, het Oman Air 'n goue toekenning ontvang as "Lugredery van die Jaar" by Frankryk se Laurier d'Or du Voyage d'Affairs.

Bestemmings Oman Air bedryf 'n netwerk van 50 bestemmings in 27 lande uit sy spilpunt by Maskat. Indië ontvang die meeste met 11 bestemmings.

Kodedeelooreenkomste Oman Air deel kode met die volgende rederye:

EgyptAir Emirates Ethiopian Airlines Etihad Airways Garuda Indonesia Gulf Air Kenya Airways KLM Kuwait Airways Lufthansa Malaysia Airlines Qatar Airways Royal Jordanian Saudia Singapore Airlines SriLankan Airlines Thai Airways International Turkish Airlines

Verwysings

Kategorie:Lugrederye