Vliesvlerkiges (of vliesvleueliges, Hymenoptera) is 'n groot orde van insekte. Die orde omvat honderdduisende spesies insekte wat almal dun, deursigtige vlerke het. Van die bekende lede hiervan is miere, bye en perdebye.Earthlife.net

Hymenoptera beteken letterlik vlies (hymen) vleuel (pteron, meervoud ptera) en dui op die vliesagtige vlerke wat nie deels verhard is (soos by die kewers) nie, en wat nie skubbe het (soos by vlinders) nie. 'n Reeks hakies, wat hamuli genoem word, verbind die agterste met die voorste vlerke.

Die wyfies het gewoonlik 'n spesiale lêboor (ovipositor) vir die lê van hul eiers in gashere of andersins ontoeganklik plekke. Die lêboor is dikwels in 'n angel gewysig.

Hierdie insekte ondergaan 'n volledige metamorfose en het dus 'n wurmagtige larwestadium en 'n onaktiewe papiestadium, voordat hulle volwassenheid bereik.

Verwysings

Eksterne skakels

Vreemde spesies, Rapport, 22 Oktober 2000