Antennarius is 'n genus van straalvinnige visse in die familie van hengelaars (Antennariidae).
Hierdie visse spandeer die grootste deel van hul lewens op die bodem in relatief vlak water tussen 20 en 100 m diep.Pietsch & Grobecker. Frogfishes of the World. Stanford University Press. 1987. Hulle word wêreldwyd in tropiese en subtropiese waters aangetref. Hulle is hinderlaag roofdiere wat geduldig op hul prooi wag. Die visse het 'n tentakel aan die voorkop waarmee prooi nader gelok word. Behalwe vir 'n klein rol in die akwariumhandel, het hulle weinig ekonomiese waarde.http://eol.org/pages/23888/details
Spesies Die genus omvat 11 spesies: Antennarius biocellatus G. Cuvier, 1817 Antennarius commerson Lacépède, 1798 – Groothengelaar Antennarius hispidus Bloch & J. G. Schneider, 1801 Antennarius indicus L. P. Schultz, 1964 Antennarius maculatus Desjardins, 1840 Antennarius multiocellatus Valenciennes, 1837 Antennarius pardalis Valenciennes, 1837 Antennarius pauciradiatus L. P. Schultz, 1957 Antennarius pictus G. Shaw, 1794 – Skilder-hengelaar Antennarius randalli G. R. Allen, 1970 Antennarius striatus G. Shaw, 1794 – Streep-hengelaar
Verwysings
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Kategorie:Straalvinvisse