Die Aérospatiale Alouette III is 'n ligte enkelmotorige nutshelikopter ontwikkel deur Sud Aviation. Dit is vervaardig deur Aérospatiale van Frankryk, en onder lisensie deur Hindustan Aeronautics Limited in Indië as Hal Chetak en Industria Nautica Română in Roemenië.
Die Alouette III is die opvolger van die Alouette II, net groter en met meer sitplekke.
Lang diens in Suid-Afrika Die Alouette III het vir meer as 44 jaar diens aan die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) gelewer, met meer as 346 000 vliegure, veral gedurende Suid-Afrikaanse Grensoorlog in Angola. Die helikopter is amptelik aan SALM-diens onttrek by Lugmagbasis Swartkop naby Pretoria in Junie 2006.Alouette III se laaste vlug
Verwysings
Kategorie:Helikopters Kategorie:Suid-Afrikaanse Lugmag