Feliformia is 'n suborde van die orde van roofdiere (Carnivora). Dit bevat al die Felidae, of katagtige soogdiere. Die suborde bevat ook die verwantes, wat die hiëna, sivetkatte, en andere insluit. Daar is tans ses families, twaalf subfamilies, 56 genera en 114 spesies in die Feliformia-suborde.

Molekulêre analise toon dat Feliformia monofileties is en dus 'n gemeenskaplike voorsaat het.Eizirik E. et al 2010. Pattern and timing of the diversification of the mammalian order Carnivora inferred from multiple nuclear gene sequences. Molecular Phylogenetics and Evolution 56: 49-63. Die ander suborde van Carnivora is die hondagtige Caniformia.

Taksonomie Suborde Feliformia ("katagtiges") Familie Eupleridae: Fossa en andere Familie Felidae: Katte Subfamilie Felinae Subfamilie Pantherinae Familie Nandiniidae: Genus Nandinia: Boomsiwet Familie Viverridae: Sivetkatte, muskeljaatkatte, ens. Familie Hyaenidae: Hiënas Subfamilie Hyaeninae Subfamilie Protelinae Familie Herpestidae: Muishonde

Uitgestorwe: †Barbourofelidae †Nimravidae †Stenoplesictidae †Percrocutidae

Kladogram

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Roofdiere Kategorie:Soogdiere