Die sandessenhout (Xylia torreana) is 'n mediumgrootte (10 m hoë) inheemse Suid-Afrikaanse boom. Dit kom ook in Malawi, Zimbabwe en Mosambiek voor. In die Krugerwildtuin kom dit slegs voor in die Nwambiya-sandveld suid van die Pafurigebied (langs die Mosambiekse grens) en die sandveld noordwes van Punda Maria-ruskamp. Die boom se FSA-nommer is 192.

Identifikasie Blare Karakteristiek kom ses blaarpaartjies per blaarsteel, tot 20 cm lank, voor. Groot blare (tot 10 x 4 cm), glad en haarloos aan bokant, maar dig harig aan onderkant van blaarblad. Jong blaarkleur is rooibruin, maar verander na donkergroen wanneer volwasse.

Blomme en vrugte Die boom dra 'n groot hoeveelheid klein, geurige blommetjies met witterige meeldrade en geel uitlopers. Die saadpeule vertoon as breë "pangas", baie hard en donkerbruin wanneer ryp, harig, tot 10 x 5 cm in deursnee.

Verwysings

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Eksterne skakels

Kategorie:Xylia Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe