duimnael|300px|Die standaard vir die Rynlandse roed en voet was albei langsaan die Leidense stadsaal vasgemaak. Die voet is die vertikale yster paal wat met die middelste rooi pyltjie aan die regtekant aangedui word venster. Voordat dit in 1929 vernietig is, was die standaard roed onder die twee vensters aan die muur vasgemaak. Die eindpuntepunte word deur die twee ander pyltjies aangedui.
Tussen 1652 en 1796 was die Kaap onder die beheer van die VOC. In die sewentiende en agtiende eeu het die meeste Nederlandse stede hul eie maatstelsels gebruik. Die VOC het die Amsterdamse meeteenhede vir handel gebruik en die Rynlandse eenhede vir landsmetings. Tydens die jare na die Britse besetting van 1806, is die Amsterdamse eenhede deur Britse eenhede verplaas, maar die Rynlandse landmetingseenhede is behou tot die invoering van die metrieke stelsel in 1972.
Rynlandse en Kaapse roede duimnael|links|150px|Die standaard vir die Rynlandse voet. In die sewentiende eeu was die basiese eenheid van lengte in die Universiteitsstad Leiden die roede. Vanaf die middeleeue is die roede, 'n paal van ongeveer 4 meter lank, in Noord-Europa as 'n eenheid vir lengte gebruik. Die presiese lengte van die roede en van sy onderverdelings het van gebied tot gebied verskil. Die Rynlandse eenhede van lengte kom oorspronklik van die Rynlandse roede af. Die verwysingskopie van hierdie roede is 'n vertikale yster paal in die Utrechtse hof. Die roed is in twaalf "voete" gedeel, die voet is in twaalf duime gedeel en die duim in twaalf strepe. De Rynlandse eenhede vir oppervlak is die vierkante voet, die vierkant roede (144 vierkante voet), die hondt (100 vierkante roede) en die morg (6 hondt). Al is die morgen en die roede in Suid-Afrika gebruik (hulle was ook deel van die wet van die Suid-Afrikaanse Republiek), is die hondt blykbaar nooit in die Kaapkolonie gebruik nie.
Tussen 1615 en 1617 het , professor van wiskunde aan die Universiteit van Leiden, die tegniek van driehoeksmeting ontwikkel en om die tegniek te bewys het hy die afstand tussen Alkmaar en Bergen-op-Zoom (ongeveer 130 km) gemeet. Hy het sy resultate in Rynlandse roede aangegee en daarna het die Rynlandse roede die algemene maatseenheid vir landsmeting in Nederland geword.
Tussen 1685 en 1800 is maatstokke deur verskillende landmeters na die Kaap gebring. In 1808 het Den Gelder en Aeneae die Rynlandse voet met die meter vergelyk en hulle het bepaal dat een meter presies 3,1852560866 Rynlandse voet is. , Koning van Holland het hierdie waarde, wat gelyk is aan 1,030 Engelse voet in die Nederlandse wet neergeskryf. In 1813 is daar besef dat die Kaapse voet en die Rynlandse voet nie dieselfde lengte gehad het nie. In 1858 is 'n kommissie onder sir Thomas Maclean die moontlike teenstrydigheid gestig. As gevolg van hul bevinding, verklaar Wet No 8 van 1859 dat een Kaapse voet presies 1,033 Engelse voet is (en nie 1,030 soos in Nederland nie).
Toe die Leidense stadsaal deur vuur in 1929 verwoes is, het die oorspronklike Rynlandse roede verloor gegaan, maar die oorspronklike voet kon gered word en is nog steeds daar te sien.
Doek (materiaal) is volgens die Rynlandse el (27 Rynlandse duim – 70,9 cm) en nie die Amsterdamse el (68,8 cm) verkoop nie.
Amsterdamse handelsmaate Alhoewel die VOC gebruik gemaak het van Rynlandse eenhede vir landsmeting in hul oorseese gebiede, het hulle die Amsterdamse meeteenhede vir handel gebruik, veral die mates vir volume en gewig. Soos die gewoonte oor die meeste van Europa, is volume eerder as gewig vir landbouprodukte gebruik. Al is die name van die verskillende maateenhede in verskillende stede dieselfde, het hul werklike waardes van stad tot stad en ook van produk tot produk gewissel. Ook, volgens die Meertens Instituut, wissel sommige maateenhede, byvoorbeeld die schepel, tussen en transaksies. Die verkoop van edelmetale, speserye en ander produkte wat 'n hoë waarde-tot-gewig verhouding het, het gewoonlik geskied volgens gewig eerder as volume.
Spoorweë Die spoorweë van die Natalkolonie (NGR), van die Kaapkolonie (CGR) en die Oranje Vrystaat (OVGS) is deur Britse engineurs gebou maar die ontwerp en bou van die Zuid-Afrikaansche Republiek (MZASM en PPS) kom onder die beheer van Nederlandse administateurs. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is sir Percy Girouard directeur van die spoorweeë onder die Britse beheer (IMR).
In sy verslag wat in 1903 geskryf is, katalogiseer hy die aanvalle op die spoorweë in Suid-Afrika deur die Boerekommando's tydens die oorlog. Sy verslag toon dat alhoewel al die spoorweë in Suider-Afrika 'n spoorbreedte van 3 voet en 6 duim (1,067 meter) gebruik, gebruik die Zuid-Afrikaansche Republiek metrieke eenhede vir afstandmeetings terwyl Natal, die Kaapkolonie en die Oranje-Vrystaatse Republiek imperiale metings gebruik het. Daarbenewens is die spesifikasies van die NSASM-lokomotiewe (byvoorbeeld NZASM se "werkesel", die 46-tonner), wat in Duitsland otwerp is, is volgens metrieke maateenhede ontwerp terwyl dié van die NGR, CGR en GOVS (byvoorbeeld die Klas 6-stoomlokomotief), wat in die Verenigde Koninkryk ontwerp is gebruik imperiale maateenhede.
Verwydering duimnael|250px|Kaart van Johannesburg, 1890. Al die strate wat oor Breëstraat loop (in geel aangedui) het 'n kinkel, miskien om verwarring tussent die Engelse en die Kaapse voet. Tydens die Napoleontiese Oorloë (1803–1815), het die Britte die Kaap beset (1806) en Nederland is met die Franse Kaiserryk verenig (1810). Na die oorloë is die Verenigde Koninkryk van die Nederlande gestig. In 1819 word die metriese stelsel die amptelike mate en gewigte sisteem in die nuwe koninkryk. Dus word die verbinding tussen die Kaapse maateenhede en dié van Nederland verbreek.
Ten tyde van die Britse regering was dit wettig om in óf die Kaapse óf die Britse eenheidsisteem handel te dryf. Dus was dit moontlik dat een handelaar die Rynlandse el (27 Rynlandse duim = 27,9 Engelse duim) sou gebruik wanneer hy doek verkoop en 'n ander handelaar die Engelse jaart (36 Engelse duim) sou gebruik. Dit veroorsaak aansienlike verwarring. Die redakteur van die handboek The Cape of Good Hope and the Eastern Province het in 1843 voorgestel dat albei sisteme deur die metriese stelsel vervang behoort te word.
In 1852 is die Kaapse wetgewende raad gestig. In 1855, om rede van 'n vryemarkekonomie is die Britse handelsvoorkeur verwyder en in 1861 word die Britse maateenhede die enigste wettige handelsmateenheidsisteem. Dit was nie die moeite werd om die Rynlandse maateenheidsisteem vir landmetingsdoeleinde te verwyder nie – daar was geen handelsvoordele aan so 'n verwydering verbonde nie. Dus is die morg en die roede steeds in al die Suid-Afrikaanse provinsies behalwe Natal gebruik, totdat hulle in 1972 deur metriese eenhede verplaas is.
Die bestand van albei Engelse en Kaapse voete het af en toe probleeme gemaak, veral in die stad van Johannesburg. Toe die stad in 1886 gemeet is, is dit moontlik dat suid van Breëstraat Engelse voete gebruik is en dat noord van Breëstraat Kaapse voete gebruik is met dir gevolg dat strate wat noord-suid loop, 'n kinkel by Breëstraat het.
Lys van Kaapse maateenhede Lengte In die Kaap is the Leidense lengtemaateenhede vir landmeetingsdoeleinde en die Amsterdamse lengtemaateenhede vir handel gebruik, veral vir die aankoop en verkoop van stof.
Kaapse maateenhede vir lengte: EenheidDefinisieSI waarde1 streep2,624 mm1 duim12 strepe26,24 mm1 voet12 duim1,033 Engelse voet318,53 mm1 el27 duim708,4 mm1 roed12 voet3,82230 m
Amsterdamse maateenhede vir lengte:
EenheidDefinisieSI waarde1 duim25,7 mm1 voet11 duim283 mm1 el27 duim694 mm1 roed12 voet13 voet16 voet3,398 m3,677 m4.528 m
Oppervlak Kaapse eenhede vir oppervlak: EenheidDefinisieSI waarde1 vierkante voet0,099135812 m21 roed144 vk vt14,27556 m21 morg600 vk roede0,856 532 ha.
Volume Die Amsterdamse eenhede vir volume van wyn, strekdrank of asyn word onder gegee. Die meeste van hierdie eenhede is ook in die VOC se oorseese besittings in gebruik. EenheidDefinisieSI waarde1 mutsje150 ml1 pint4 mutsje600 ml1 mengel2 pint1,2 L1 stroop2 mengel2,4 L1 steenkan8 stroop19,2 L1 anker2 steenkan38,4 L1 aam4 anker153,6 L1 okshoofd6 anker230,4 L1 vat4 okshoofd921,6 L
Die Amsterdasmse en Kaapse maateenhede vir graan was: EenheidDefinisieSI waarde1 kop0.87 L1 vierdevat8 kop6,94 L1 schepel/vatvierdevat27,9 L (groothandel)27,76 L (kleinhandel)1 mud4 schepel111,5 L1 zak3 schepel83,7 L1 last27 mud36 zak3010 L Volgens Meertens was die Amsterdamse groothandel schepel groter as the kleinhandel schepel (27,9 L teen 27,76 L), maar volgens die VOC glossarium het die VOC 'n schepel van 27,814 L gebruik.
Gewig Tydens die agtiende eeu is verskillende gewigsmaateenhede vir verskilende ware gebruik. Die drie belangrikste gewigsmaateenhede is die gewigte vir edelmetale soos silwer en goud, die medisinale gewigte wat gebruik is deur apteke en die handelsgewigte wat vir gewone handel gebruik is.
Trooise gewicht is gebruik vir edelmetale. Al kom hierdie maateenheid vanuit 'n enkele stad, die Franse stad van Troyes, wissel die Trooise pond in verskeie Europese stede met 'n paar persent. Byvoorbeeld, die Trooise ons is gelyk aan 31.10 g in Londen, maar in Amsterdam is dit gelyk aan 30.76 g (1,2% verskil). Die onderverdelings van die Amsterdamse gewigte volg hieronder: + Trooise maateenhedeEenheidDefinisieSI waardeaas 48,06 mgengel 32 aas 1,53 gons 20 engels of esterlingen 30,76 gmark 8 onse 246,11 gpond 2 mark492,23 g
Net soos die Trooise maateenehde, het die medisinale maateenhede 'n paar persent gewissel tussen verskeie Europese stede. In Amsterdam was die medisinale ons dieselfde as die Trooise ons, maar daar is 16 Trooise onse in 'n Trooise pond terwyl daar 12 medisinale onse in 'n medisinale pond is. + Medisinale maateenhede EenheidSimboolDefinisieSI waardegrein 64,09 mgscrupel ℈ 20 grein 1,28 mgdrachma ʒ3 scrupel 3,84 gons ℥8 drachmas 30,76 gpound ℔12 onse 369,16 g
Net soos by ander gewigsmateenhede, wissel die grootte van die verskeie handelseenhede van stad tot stad. Die Amsterdamse handelspond is 40 aas (1,86 g) swaarder as die Trooise pond.
+Amsterdamse handels maateenhedeof waaggewichtEenheidDefinisieSI waardedrachma 3,86 glood 4 drachmas 15,44 gons 2 lood 30,88 gmark 8 onse 247,05 gpond 2 mark 494,09 gsteen 8 pond 3,953 kgschippond 330 pond 148,3 kgscheepslast 4000 pond 1976 kg
Verwysings
Kategorie:Eenhede Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika