Die Lockheed Martin F-22 Raptor is 'n enkelsitplek, tweeling-enjin, taktiese vegvliegtuig met 'n hoë verrassingselement ("stealth") ontwikkel vir die Amerikaanse Lugmag (USAF). Na aanleiding van die USAF se Gevorderde taktiese vegvliegtuigprogram, is die vliegtuig hoofsaaklik ontwerp as 'n lugsuperioriteitsvegter, maar het bykomende vermoëns insluitende grondaanval, elektroniese oorlogvoering, en seinintelligensierolle.Reed, John. "Official: Fighters should be used for spying." Air Force Times, 20 Desember 2009. URL besoek op 9 Mei 2010. Lockheed Martin is die hoofkontrakteur en is verantwoordelik vir die meeste van die lugraam, wapenstelsels, en finale montering van die F-22, terwyl programvennoot Boeing die vlerke, agterromp, avionikaïntegrasie, en opleidingstelsels verskaf.

Die vliegtuig is amptelik in diens gestel in Desember 2005 as die F-22A. Ten spyte van uitgerekte ontwikkeling, sowel as operasionele kwessies, het die USAF die F-22 oorweeg as 'n belangrike komponent van sy taktiese lugslaankrag, en beweer dat die vliegtuig ongeëwenaard is deur enige bekende of geprojekteerde vegter."F-22 Raptor fact sheet." U.S. Air Force, Maart 2009. URL besoek op 23 Julie 2009. Die Raptor se kombinasie van sy verrassingselement ("stealth"), aerodinamiese prestasie, en situasiebewustheid gee die vliegtuig ongekende lug-tot-lug vermoëns. Hooflugmaarskalk Angus Houston, voormalige hoof van die Australiese Weermag, het in 2004 beweer dat "die F-22 die mees uitstaande vegvliegtuig ooit gebou sal wees".Houston, A. "Strategic Insight 9 – Is the JSF good enough?" Australian Strategic Policy Institute, 18 Augustus 2004.

Die hoë koste van die vliegtuig, 'n gebrek aan duidelike lug-tot-lug missies weens vertragings in die Russiese en Chinese vegterprogramme, 'n verbod op uitvoere, en die ontwikkeling van die veelsydiger en goedkoper Lockheed Martin F-35 Lightning II het gelei tot die staking van F-22-produksie. 'n Finale verkrygingsbehoefte van 187 operasionele produksievliegtuie is in 2009 verklaar en die laaste F-22 is in 2012 aan die Amerikaanse Lugmag afgelewer.

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Verwysings

Eksterne skakels

Notas

Kategorie:Vegvliegtuie