Die Lockheed Martin F-35 Lightning II is 'n familie van enkelsitplek, enkelmotorige, multirol-alleweer sluipvegvliegtuie. Die vyfde generasie vegvliegtuig is ontwerp om grondaanval-, verkennings-, en lugverdedigingsmissies uit te voer. Die F-35 het drie hoofmodelle: die F-35A konvensionele opstyg en landing (CTOL) variant, die F-35B kortopstyg en vertikale-landing (STOVL) variant, en die F-35C vliegdekskip-gebaseerde (CATOBAR) variant.

Die F-35 is afstammelinge van die X-35, wat die wenontwerp was van die "Joint Strike Fighter" (JSF)-program. Dit is ontwerp en word gebou deur 'n lugvaartnywerheidspan gelei deur Lockheed Martin. Ander groot F-35 vennote in die industrie sluit in Northrop Grumman, Pratt & Whitney en BAE Systems. Die F-35 het sy nooiensvlug op 15 Desember 2006 gevlieg. Die Verenigde State van Amerika beplan om 2456 vliegtuie tot 2044 aan te koop. Die F-35 variante is bedoel om die grootste deel van sy bemande taktiese lugslaankrag vir die Amerikaanse Lugmag, Marinierskorps en Vloot te verskaf oor die komende dekades. Aflewerings van die F-35 vir die Amerikaanse militêre takke is geskeduleer om teen 2037 voltooi te wees. Daar word projekteer dat die F-35 se dienslewe tot 2070 sal strek.Lockheed F-35 service life extended to 2070 – Flightglobal.com, 25 Maart 2016

F-35 JSF "Joint Strike Fighter" ontwikkeling word hoofsaaklik befonds deur die Verenigde State met bykomende befondsing van sy vennote. Die vennootnasies is NAVO-lede of Amerikaanse bondgenote. Die Verenigde Koninkryk, Italië, Australië, Kanada, Noorweë, Denemarke, Nederland en voorheen Turkye is deel van die aktiewe ontwikkelingsprogram."F-35 Global Partnerships." Lockheed Martin. Besoek:: 31 Oktober 2012.Dudley, Richard. "Program Partners Confirm Support for F-35 Joint Strike Fighter." Defence Update, 5 Maart 2012. Besoek: 18 Maart 2012. Verskeie ander lande het bestellings geplaas, of oorweeg bestellings, vir die F-35.

Tegniese besonderhede Item Statistiek Aantal motore 1 Tipe motor Pratt & Whitney F135-PW-100nabrander turbowaaier Bemanning 1 loods Vlerkspan 11 m Vlerkoppervlak 43 m2 Lengte 15,7 m Hoogte 4,4 m Maks. opstygmassa 31 751 kg Leë massa 13 290 kg Maksimumsnelheid: Mach 1,6 (op hoogte) Reikafstand 2 800 km Diensplafon 15 000 m Gravitasieperk +9.0 Klimvermoë ?? m/s --> Brandstofkapasiteit 8 278 kg

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Verwysings

Kategorie:Vegvliegtuie