Avram Noam Chomsky (gebore 7 Desember 1928) is 'n Amerikaanse taalkundige, filosoof,"Noam Chomsky" , deur Zoltán Gendler Szabó, in Dictionary of Modern American Philosophers, 1860–1960, red. Ernest Lepore (2004). "Chomsky's intellectual life had been divided between his work in linguistics and his political activism, philosophy coming as a distant third. Nonetheless, his influence among analytic philosophers has been enormous because of three factors. First, Chomsky contributed substantially to a major methodological shift in the human sciences, turning away from the prevailing empiricism of the middle of the twentieth century: behaviorism in psychology, structuralism in linguistics and positivism in philosophy. Second, his groundbreaking books on syntax (Chomsky (1957, 1965)) laid a conceptual foundation for a new, cognitivist approach to linguistics and provided philosophers with a new framework for thinking about human language and the mind. And finally, he has persistently defended his views against all takers, engaging in important debates with many of the major figures in analytic philosophy..."The Cambridge Dictionary of Philosophy (1999), "Chomsky, Noam," Cambridge University Press, bl. 138. "Chomsky, Noam (born 1928), preeminent American linguist, philosopher, and political activist... Many of Chomsky's most significant contributions to philosophy, such as his influential rejection of behaviorism... stem from his elaborations and defenses of the above consequences..." kognitiewe wetenskaplike, logikus,.. politieke kommentator, sosiale aktivis, voorstander van anargo-sindikalisme,: "Chomsky is not a communist and does not admire any of the communist regimes." skrywer en dosent. Chomsky is 'n emeritus hoogleraar in taalkunde aan die Massachusetts Institute of Technology (MIT). Hy het al meer as 100 boeke geskryf en word soms die "vader van moderne taalkunde" genoem.Thomas Tymoczko, Jim Henle, James M. Henle, Sweet Reason: A Field Guide to Modern Logic, Birkhäuser, 2000, p. 101. Hy is ook 'n prominente kulturele figuur en is in 2005 as die "wêreld se top openbare intellektueel" aangewys.

Linguistiek Chomsky het die teorie van generatiewe grammatika geskep. Dit is een van die belangrikste bydraes tot die veld van linguistiek in die 20ste eeu. Hy het ook gehelp met die kognitiewe rewolusie in sielkunde deur sy hersiening van B. F. Skinner se Verbal Behavior (Verbale Gedrag).Verbal behavior, 1957, Hy bevraagteken die gedragtelike manier om na optrede en taal te kyk. Dit was die belangrikste benadering in die 1950's. Sy natuurlike benadering tot die studie van taal het die filosofie van taal en gees verander. Hy het ook die Chomsky-hiërargie bedink, 'n manier om na formele tale te kyk in terme van hul vermoë om taal te verduidelik.

Politiek In die 1960's het Chomsky die Viëtnamoorlog gekritiseer. As gevolg hiervan het hy vir sy politieke standpunte bekend geword. Hy word as 'n belangrike intellektuele figuur binne die linkse geledere van die Amerikaanse politiek beskou. Chomsky is wyd bekend vir sy politieke aktivisme en sy kritiek teen die buitelandse beleide van die Verenigde State van Amerika en ander regerings. Chomsky verwys na homself as 'n sosialistiese liberalis en 'n anargis, en het omvattend oor die onderwerpe geskryf. Hy is 'n lid van die Industrial Workers of the World, en volg in die voetspore van sy vader, William Chomsky, wat ook 'n lid was.

Sien ook Chomsky-Foucault-debat

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webtuiste

Kategorie:Amerikaanse akademici Kategorie:Amerikaanse aktiviste Kategorie:Amerikaanse anargiste Kategorie:Amerikaanse filosowe Kategorie:Amerikaanse Jode Kategorie:Amerikaanse skrywers Kategorie:Filosowe in die 20ste eeu Kategorie:Filosowe in die 21ste eeu Kategorie:Logici Kategorie:Taalkundiges Kategorie:Geboortes in 1928 Kategorie:Lewende mense