Die Boeing KC-135 Stratotenker is 'n militêre lughervullingsvliegtuig. Hierdie vliegtuig is soos die Boeing 707 uit die Boeing 367-80 prototipe ontwikkel. Die KC-135 is die Amerikaanse Lugmag (USAF) se eerste straalaangedrewe hervullingstenker en het die KC-97 Strato Freighter vervang. Die KC-135 se taak was aanvanklik om strategiese bomwerpers in vlug te hervul, maar is op groot skaal in die Viëtnamoorlog en latere konflikte soos Operasie Desert Storm gebruik om die omvang en uithouvermoë van die Amerikaanse taktiese vegvliegtuie en bomwerpers uit te brei.
Die KC-135 is in 1957 in die Amerikaanse Lugmag ingebruik geneem; dit is een van slegs ses militêre vastevlerkvliegtuie met meer as 50 jaar aaneenlopende diens by sy oorspronklike operateur. Die KC-135 word aangevul deur die groter KC-10. Ten spyte van verhoogde onderhoudskoste, bewys studies dat die vliegtuig tot in 2040 gevlieg kan word. Die vliegtuig sal uiteindelik vervang word deur die Boeing KC-46 Pegasus.
Verwysings
Eksterne skakels KC-135 by Boeing.com KC-135 foto's by Boeing.com Amptelike USAF KC-135 feitestaat 'n Amptelike KC-135 foto KC-135 op awacs-spotter.nl NASA se KC-135A tenker KC-135 KC-135 op aero-web.org Smart Tankers (Defence Today)
Kategorie:Boeing Kategorie:Militêre vliegtuie