Die Lockheed P-38 Lightning was 'n Amerikaanse vegvliegtuig van die Tweede Wêreldoorlog-era, gebou deur Lockheed. Ontwikkel tot 'n United States Army Air Forces (afgekort USAAF) vereiste, het die P-38 kenmerkend tweelingvalbome en 'n enkele, sentrale gondel gehad wat die kajuit en wapentuig gehuisves het. Die name "gevurkte-stert duiwel" (deur die Luftwaffe) en "twee vliegtuie, een vlieënier" (deur die Japannese) is aan die vliegtuig gegee.Boyne 1993, p. 148. Die P-38 is in 'n aantal rolle gebruik, soos duikbombardement, vlakbombardement, grondaanvalle, nagveg- en fotoverkenningsmissies,"P-38 Lightning." National Museum of the United States Air Force. URL besoek op 21 Januarie 2007. en omvattend as 'n langafstandondersteuningsvegter wanneer toegerus met lostenks onder sy vlerke.
Die P-38 was suksesvol gebruik in Stille Oseaanoperasies en die China-Birma-Indië-slagveld, as die instrument van Amerika se bekroonde vegvlieëniers, Richard Bong (40 suksesse) en Thomas McGuire (38 suksesse). In die suidweste van die Stille Oseaanteater, was die P-38 die primêre langafstandvegter van die USAAF tot die koms van groot getalle P-51D Mustangs teen die einde van die oorlog.Stanaway 1997"PTO/CBI Pilots of WWII, Top American aces of the Pacific & CBI." acepilots.com. URL besoek 8 Mei 2007.
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Verwysings
Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog